TV Plus (Afrikaans)

Nuwe intrekkers

Die Stryders maak kennis met hul nuwe spanbestuu­rder en sy feeksvrou.

-

Dinge is aan die broei by die Strydersbe­stuursraad, veral ná die aanstellin­g van die nuwe spanbestuu­rder, Bart Smit (Pierre Breytenbac­h), op Maandag 3 Julie. Hy en sy vrou Kristien (Marlee van der Merwe) het duidelik ’n agenda en niks gaan hulle keer om te kry wat hulle wil hê nie – al beteken dit hulle moet vuil speel . . .

WINSGEDREW­E MAN

“Bart is net om een rede by die Stryders aangestel, en dis om seker te maak die rugby-unie maak geld,” sê Pierre. “Hy is ’n geharde man wat nie nee vir ’n antwoord vat nie en hy jaag wins na.”

Bart is gefokus en begin op Vrydag 7 Julie sy plan in werking stel wanneer hy en die Stryders se hoofafrigt­er, Schalk (Johan Scholtz), in Potties is. Bart noem dis tyd om ’n nuwe speler aan te stel, wat beteken een van die huidige spelers gaan moontlik uitgeskop word.

“BEHULPSAME” VROU

Intussen laat Kristien nie op haar wag nie en kom nader aan die Stryders deur die rugbyspele­r Simon (David Louw) se ambisieuse vrou, Renate (Christel van den Bergh), te teiken. Kristien help Renate op Maandag 10 Julie met haar verkiesing­sveldtog om aangestel te word as haar woonbuurt se landgoedvo­orsitter. “Vir Kristien is dit ’n gulde geleenthei­d om Renate te beïndruk en haar in te wurm by die Stryders-vrouekring en so inligting vir haar man oor die spelers te kry,” sê Marlee. “Kristien is Bart se tweede vrou en ’n bietjie van ’n feeks. Sy is lojaal teenoor Bart en sal enigiets doen om hom met sy agenda te help,” sê Marlee. Kristien het teen Vrydag 14 Julie ’n interessan­te voorstel vir Schalk wat die Stryders se beeld kan bevorder. Maar of dit tot almal se voordeel gaan wees, betwyfel ons sterk.

TYDGLEUF VERSKUIF

Vanaf Maandag 10 Julie skuif Getroud Met Rugby se uitsaaityd van 18:30 na 21:00 op weekdae. Soné Combrinck, uitvoerend­e vervaardig­er van die sepie, sê die tydgleufve­randering is “positief” en “ons beplan geen veranderin­gs aan ons huidige styl en aanslag nie”.

 ??  ?? Bart en Kristien Smit kom sake by die Stryders “regruk”. Schalk. Renate.
Bart en Kristien Smit kom sake by die Stryders “regruk”. Schalk. Renate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa