TV Plus (Afrikaans)

Bestie doen haar bes

Thobile stem in om voor te gee sy’s GC se geliefde wanneer sy ouers onverwags opdaag.

-

Die haarkapper GC en die salonbaas Thobile (Khaya Dladla en Nokuthula Mabika) ken mekaar baie goed, want hulle werk al vier jaar saam. Thobile sien dus gou op Vrydag 7 Julie iets skort met GC en sy pols hom. “GC GC tree vreemd op, hy is gespanne en nie homself nie,” sê Nokuthula. GC se beheersugt­ige ouers, Bhomu en MaXimba (Mduduzi Nombela en Mabel Mthombeni), het vroeër op 7 Julie in KwaMashu aangekom met allesbehal­we goeie nuus vir hom. “Hy wil gek word,” onthul Nokuthula. “Hulle beplan om hom na hul landelike dorpie te stuur om met die prinses te trou.” Ja-nee, hulle weet steeds nie hy’s gay nie, maar “GC sal eerder in stilte ly as om sy ouers te vertel – en hy wil nie hê enigiemand moet die waarheid aan hulle uitlap nie”, voeg Nokuthula by.

DIE WAARHEID MAAK SEER

Thobile en hul pel Sma (Sihle Ndaba) is verstom oor GC se manlike voorkoms op Maandag 10 Julie, maar hulle stem in om sy leuen te help verkoop. GC sit ook sy trouplanne met sy verloofde, Jojo (Siphesihle Cele), op ys, en sy ouers vra so ewe of sy “vriend” Jojo sy strooi- jonker gaan wees. “Dis wanneer Jojo genoeg gehad het, en hy beveel GC om sy ouers die waarheid te vertel,” sê Nokuthula, “maar GC voel hy kan hulle nie teleurstel nie.” Jojo, wat vroeg in Junie 2017 teruggekee­r het om GC se hart se wen ná hy self in die kas was, wil nie na die donkerte teruggedwi­ng word nie. “Jojo wil hê GC moet opstaan vir hul liefde. Hy hoop GC sal tot sy sinne kom en die wêreld die waarheid vertel,” sê Nokuthula.

SPEL VAN LEUENS

Jojo sal moet wag – GC sit ’n ring aan Thobile se vinger op Woensdag 12 Julie en vra haar om voor te gee sy’s sy verloofde. “Sy weet dit gaan moeilik wees, maar sy sal enigiets doen om GC in sy uur van nood te help,” sê Nokuthula. Thobile haal diep asem en ontmoet haar “skoonouers” op Donderdag 13 Julie – maar hulle hou nie van haar nie! “Hulle dink sy’s ‘agterlik’, hulle is van ’n ander wêreld,” sê Nokuthula. Thobile sê vir hulle sy’s swanger om hul guns te wen, maar daardie leuen vererger sake op Maandag 17 Julie – GC en Thobile word aangesê om hul troue te beplan . . . in sy dorpie. “GC kry nog dieselfde dag ’n brief van Jojo, wat hom los sodat GC ‘met sy troue kan voortgaan’”, vertel Nokuthula. Gaan die arme GC die liefde van sy lewe oor ’n leuen verloor? “Dalk,” skimp Nokuthula. “Dalk nie.”

 ??  ?? GC en sy “verloofde”, Thobile, probeer sy ouers beïndruk. Thobile speel die aanstaande.
GC en sy “verloofde”, Thobile, probeer sy ouers beïndruk. Thobile speel die aanstaande.
 ??  ?? Jojo.
Jojo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa