TV Plus (Afrikaans)

Beweeg boontoe

Die hiernamaal­s kry ’n prettige kinkel danksy die dooie Eleanor in The Good Place.

-

’n Mens sou dink om te sterf was die grootste probleem vir Eleanor Shellstrop (Kristen Bell) in The Good Place (2016-nou), maar dit is nie. Sy het “lewend” wakker geword in ’n paradys genaamd The Good Place – dis waar ’n mens wil wees, want dis die perfekte gelukstaat. Die gras is groen, die voëls sing en almal kom oor die weg. Maar Eleanor is nie veronderst­el om daar te wees nie! “Sy is vir ’n ander Eleanor aangesien,” lag Kristen. “’n Gawer Eleanor wat ’n beter lewe gelei het. Nou moet sy sorg sy word nie uitgevang nie.” Sy sal moet jok . . .

LEWENDE DOOIES

Michael (Ted Danson, DB Russell in die aksiereeks CSI, 2000-2015) is “die argitek” – hy’s die ou in beheer van die woonbuurt waarin Eleanor woon en dis sy werk om haar

te lei en haar hand te hou, maar dit gaan sy geduld beproef.

Chidi ( William Jackson Harper, Everett in 2016 se dramafliek Paterson) was ’n etiekproff­ie en help Eleanor om haar geheim weg te steek sodat sy daar bly – hulle is sielsgenot­e.

Janet (D’Arcy Carden, Gemma in die dramedie Broad City, 2014-nou) is The Good Place se lopende, pratende inligtings­bron. As Eleanor ’n vraag het, het Janet die antwoord.

Jianyu (Manny Jacinto, Wing Lei in die aksiereeks The Romeo Section, 2015nou) is ’n stil Boeddhisti­ese monnik in die hiernamaal­s ná hy ’n DJ in die regte lewe was. Die immergeluk­kige oudfilantr­oop Tahani (Britse radio-DJ Jameela Jail) het ’n liefde-haat-verhouding met Eleanor, maar sal sy haar beskerm?

ONSOET BEDERFIE

Die agt bevrorejog­urtwinkels in The Good Place verkoop dit nie regtig nie. “Ek wens!” lag Kristen. Die akteurs eet eintlik kapokaarta­ppels.

 ??  ?? Michael is byderhand om Eleanor met die lewe ná die dood te help.
Michael is byderhand om Eleanor met die lewe ná die dood te help.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa