TV Plus (Afrikaans)

Tussen die boeke

Twee troues, ’n begrafnis en nuwe gesigte kom kuier in Merweville.

-

Dis tyd vir nog ’n seisoen van een van ons gunsteling­reekse: Die Boekklub (2016-nou). In Julie word ons bederf met ’n tweede seisoen van die reeks, waarin die storie van die jong skrywer Tom (Armand Aucamp) en die Karoo-boekklub van Merweville voortgesit word. Gooi jou TV-kombers oor jou bene en maak jouself gemaklik vir die volgende 13 weke met episodes propvol intriges.

DIE NUWE HOOFSTUK

“Van die gunsteling­karakters gaan terug wees, sowel as ’n paar nuwe gesigte, maar ongelukkig gaan ons van die oues moet groet,” verklap Armand. “Die tweede seisoen volg op ’n wonderlike manier op die eerste en Louis Pretorius (skrywer en regisseur) het die karakters en hul ontwikkeli­ng eerlik hanteer. Daar is ’n paar troues, ’n begrafnis, liefde en hartseer wat voorlê,” voeg hy by.

DIE LIEFDE

Die brandende vraag is of

Lillie (Christia Visser), Tom se meisie, ná haar avontuur in Parys gaan terugkom. Volgens Armand hang dinge nog in die lug. “Tom en Lillie het ’n temperamen­tele verhouding gehad. Die kykers sal moet wag en sien of sy terugkom en of hulle uitmaak. Maar een ding is seker, Tom oorreageer altyd, daarom gaan daar drama wees, hoe die verhouding ook al verloop.”

NUWE BOEKWURMS

Daar is twee nuwe karakters: Lourens (De Klerk Oelofse, Tyrone Pieterse in Sara Se Geheim, 2017-nou) is die nuwe speurder op die dorp. “Hy sluit by die boekklub aan en deur die loop van die reeks gaan Lourens op ’n ontdekking­sreis,” vertel Louis.

Kara (Karli Heine, Lisa in Buurtwag, 2015-nou) is die plaasvrou Hanli (Nicole Holm) se dogter en kom bly weer op Merweville. “Dis ’n bron van groot kommer vir Hanli, want Kara los haar studies. Maar vir Kara is dit ’n kans om haar batterye te herlaai.”

Die rol van Altus, Tom se beste vriend en Herman (Arno Marais) se kêrel, word nou deur Stian Bam (André Fourie in Die Boland Moorde, 2013-nou) vertolk. Louw Venter, wat die rol oorspronkl­ik gespeel het, was in Maart vanjaar nie vir verfilming beskikbaar nie.

 ??  ?? Tom en Sofia (June van Merch) is terug vir ’n tweede seisoen. Die nuwe karakters: Kara en Lourens.
Tom en Sofia (June van Merch) is terug vir ’n tweede seisoen. Die nuwe karakters: Kara en Lourens.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa