TV Plus (Afrikaans)

Breipaal se Kortjas

Chris het diep gedelf om van Kortjas ’n karakter van vlees en bloed te maak.

-

Chris van Niekerk (65), wat talle kykers goed onthou as oom Francois of Krokodil in 7de Laan (2000-2004), het in Pretoria grootgewor­d, maar in wese bly hy ’n kleindorps­e mens. Chris woon al bykans 20 jaar, aan en af, op die Vrystaatse dorpie Rosendal, waar hy ’n oudhedewin­kel en ’n koffiekroe­g besit en bestuur, en hy beplan ook ’n teater. “Ek het ’n paar jaar gelede Kaap toe verhuis, maar is nou weer terug op Rosendal. Dis maar my tuiste,” vertel hy. Net soos sy karakter Kortjas in Vlug Na Egipte, wat op die fiktiewe Karoodorpi­e Breipaal woon, hou die alleenlope­r Chris van die wisselwerk­ing tussen mense op die platteland.

Hoe sal jy Kortjas beskryf? Kortjas is in sy vyftigs, gay, flambojant en eerlik. Hy is vreesloos en lojaal teenoor sy geliefdes. Hoe het jy die karakter aangepak?

Ek het Kortjas op niemand wat ek persoonlik ken, gebaseer nie. Ek het diep in myself gedelf om reg aan al sy emosies te laat geskied. Die regisseur, Human Stark, het my gelukkig baie ruimte gegee om met Kortjas te eksperimen­teer. Jy is ook van Dinsdag 11 Julie weer te sien in Die Boekklub 2 op kykNET? Ja, ek speel Stef, pa van die sagmoedige Herman (Arno Marais). Stef is ’n knorrige vent, maar kykers gaan in die tweede seisoen ’n sagter kant van hom leer ken. Jy is in jou vrye tyd ook ’n geesdrifti­ge

fotograaf? Ek neem abstrakte foto’s oral waar ek in die land reis en eksperimen­teer met lig en ligbronne, daarom neem ek my foto’s in die nag. Van die foto’s is vanjaar tydens die Vrystaat-Kunstefees by die Sterrewagt­eater te sien. Die foto’s word vertoon tydens my vertelling van die klassieke verhaal van Die Klein Prinsie deur Antoine de Saint-Exupéry, wat in Afrikaans vertaal is.

 ??  ?? Chris en sy karakter Kortjas verkies albei die platteland.
Chris en sy karakter Kortjas verkies albei die platteland.
 ??  ??
 ??  ?? Chris eksperimen­teer graag met lig in sy foto’s.
Chris eksperimen­teer graag met lig in sy foto’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa