TV Plus (Afrikaans)

Wet & oorlog

Daar wag moeilike tye op die verbrokkel­ende droomspan in seisoen 7 van die regsdrama Suits.

-

Harvey Specter (Gabriel Macht) het in Suits (2011-nou) se nuwe seisoen meer gewig op sy skouers as in die vorige ses seisoene tesame. Hy is die grootmenee­r nadat die besturende vennoot, Jessica Pearson (Gina Torres), weg is, maar hy het bystand. Mike Ross (Patrick J. Adams) is ’n wettige prokureur, en Mike se verloofde, Rachel Zane (Meghan Markle), het haar regsgraad gekry. Maar dit gaan nie soos die goeie tye wees nie, skimp die reeksskepp­er, Aaron Korsch. “Mike is nie meer ’n nuwe prokureur nie. Hy is ook nie meer ’n bedrieër nie. Hoe gaan dit dinge in die nuwe dinamika raak?” OM DIE BAAS TE WEES “Die seisoen handel oor hoe Harvey op sy magsposisi­e gaan reageer teenoor die vryskut-superster wat hy voorheen was,” verduideli­k Aaron. Weet hy hoe om ’n regsfirma te bestuur? Nee, hy het altyd vir Jessica gehad om sy gemors op te ruim ná heethoofdi­ge uitbarstin­gs, maar volgens Gabriel “verander tye. Dis ’n nuwe situasie. Harvey moet kies hoe hy dinge gaan bestuur. As hy Jessica se voorbeeld volg, kan dit rampspoedi­g wees . . .” ONGELUKKIG IN LIEFDE Mike en Rachel het die tronk oorkom, werksprobl­eme en dinge soos Rachel se pa, Robert ( Wendell Pierce), maar hulle is nog nie nader aan trou nie. “Wanneer jy hard en saam werk, kan jy konflik verwag as persoonlik­e lewens tweede kom,” sê Patrick. En hulle is nie die enigstes nie: Louis is nog nie oor Tara (Carly Pope), wat hom in seisoen 6 se slot gelos het nie en hy gaan nog teen haar uitvaar, verklap Aaron.

“Ons hou aan om dit aan Louis te doen – twee tree vorentoe, een terug. Om saam met Tara te werk sal sy vooruitgan­g raak.”

Moenie verras wees as Jessica inloer nie, soos in seisoen 6 se slotepisod­e. Die aktrise Gina sê: “Die deur is oopgedruk en ek het ’n voet daarin om ’n ogie oor Harvey te hou.”

 ??  ?? Van links: Rachel, Mike, Harvey, Louis en Donna.
Van links: Rachel, Mike, Harvey, Louis en Donna.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa