TV Plus (Afrikaans)

Laat die syfers praat

Die WWE gaan oor meer as net die 1, 2, 3 tel in die kryt . . .

-

Al ooit gewonder hoeveel geld die WWE maak uit betaal-per-kykkragmet­ings soos Great Balls Of Fire? WrestleMan­ia 33 het in April vir die maatskappy en sy uitvoerend­e hoof, Vince McMahon, meer as $20 miljoen (R256 m.) in die sak gebring. Dis danksy die minstens 75 000 fans wat dit regstreeks gekyk het in die Camping World-stadion in Florida, meer as 1,5 miljoen betaal-per-kykbestell­ings en die WrestleMan­ia- goedere wat verkoop is. En dis nie die enigste interessan­te syfers wat tel wat die WWE betref nie!

$10 (R130) per maand is wat jy sal betaal vir toegang tot die WWE-netwerk in SA.

$20 (R260) is die koste per aandeel wat jy sal betaal om in die WWE in te koop.

71 Vince McMahon se ouderdom. Hy besit die stoeimaats­kappy al sedert 1980 toe hy dit saam met sy vrou, Linda, gestig het.

85% van die stemreg word steeds deur Vince en sy familie beheer, insluitend­e sy seun, Shane, dogter, Stephanie, en skoonseun, Triple H (Paul Michael Levesque).

180 lande regoor die wêreld saai WWE-reekse in 25 tale uit.

330 regstreeks­e byeenkomst­e het in 2016 in die VSA plaasgevin­d met die Raw, SmackDown en NXT-handelsmer- ke, sonder die 15 spesiale betaal-per-kyk-byeenkomst­e.

580 Make-A-Wish-wense is sedert Desember 2016 toegestaan deur John Cena. Hy hou tans die rekord.

$40 000 (R510 000) – die koste van elke WWE-kryt, wat spesiaal ontwikkel is deur die WWE-prestasies­entrum.

2,8 miljoen WrestleMan­ia-twiets is gestuur op die dag van die byeenkoms (Sondag 2 April) en minstens 5 miljoen twiets is tydens die 5 uur lange vertoning geskryf.

$4 miljoen (R51 miljoen) – Triple H se beweerde jaarlikse salaris as deeltydse stoeier in 2016, $700 000 meer as Vince se salaris van $3,3 miljoen.

18 miljoen YouTube-intekenaar­s het die WWE se 29 000 video’s altesame 15 biljoen keer gekyk.

$232 miljoen (R3 biljoen) – die WWE se jaarlikse inkomste uit byeenkomst­e soos Raw, SmackDown en NXT, wat SA gehore gratis op e.tv kry.

650 miljoen kykers wêreldwyd kyk weekliks na WWE-kragmeting­s.

$700 million (R9 biljoen) – die WWE se rekordomse­t in 2016.

 ??  ?? D-Generation­s X (Triple H, links, en Shawn Michaels, regs) het vir Vince en die WWE biljoene dollar help maak.
D-Generation­s X (Triple H, links, en Shawn Michaels, regs) het vir Vince en die WWE biljoene dollar help maak.
 ??  ?? Die McMahon-familie beheer steeds die WWE.
Die McMahon-familie beheer steeds die WWE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa