TV Plus (Afrikaans)

kykNET Verslag In Gesprek

-

Woensdae kykNET (*144) 21:30 Nuus Waldimar Pelser (39), redakteur van Rapport en aanbieder van die kykNETnuus­program Verslag In Gesprek (2015nou), het ’n vlymskerp tong. Hy skroom nie om enige politieke figuur aan te vat as hulle droogmaak nie en sê op sy geartikule­erde manier presies wat baie van ons dink, maar dalk nie so goed kan uitdruk nie.

Wat gebeur ’n uur voor die regstreeks­e

uitsending van Verslag In Gesprek? Almal is in die ateljee waar ons deur die aand se program gaan, natuurlik sonder die ateljeegas­te. Die doel is om te kyk of alle grafika reg vertoon word, kamerahoek­e korrek is, ek weet wanneer ek waar moet wees, en die teleprompt­er mooi werk vir teks wat ek regstreeks vir die kamera lewer. Ons maak ook seker my voorkop blink nie te veel soos ’n nat lemoen nie (grappie). Jy het die wenkbroue in April laat lig met jou kragtige openingsko­mmentaar oor pres. Jacob Zuma in een van die programme. Watter terugvoer het jy daaroor ontvang? Dit was oorweldige­nd positief – daar was geen klagtes nie. Ek moes die gevolgtrek­king maak iets is gesê wat ander mense gedink het. Dit het dalk ook die publiek se woede, ongeloof en frustrasie opgesom oor wat op daardie oomblik in die politiek aangegaan het. Watter blapse het jy al vanjaar op die kassie gemaak? Ek het vakbonde se plan vir ’n werkerspar­ty al meer as een keer op die lug ’n “werkerspas­tei” genoem. En my oorstuk was een aand “oop” sodat ek alles kon hoor wat in die beheerkame­r oor die show gesê word terwyl ek moes luister wat ’n DA-parlements­lid oor kernkrag sê – my kop het amper ontplof want ek kan nie multitask nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa