TV Plus (Afrikaans)

Supernatur­al

-

Seisoen 12 Vuzu AMP (*103) 21:30 Sci-fi Die demoonjagt­er-broers Sam en Dean Winchester (Jared Padalecki en Jensen Ackles) was letterlik hel toe en terug in die sci-fi-reeks Supernatur­al (2005-nou). Maar in seisoen 12 kom hulle voor hul grootste uitdaging te staan: hul ma, Mary (Samantha Smith), wat terug is uit die dood. “Die program het nog altyd oor familie gegaan,” sê die vervaardig­er, Andrew Dabb, “veral vir Sam en Dean. Hulle het hul ma 30 jaar laas gesien, en met haar terugkeer kry die gesinsdina­mika ’n skokkende kinkel.”

Fans het Mary nog net een of twee keer gesien, soos in die eerste episode toe sy in ’n demoon verander het en doodgebran­d het. Sy is aan die seuns teruggegee in die laaste paar sekondes van seisoen 11 (2016) toe Amara (Emily Swallow), oftewel God se suster The Darkness, met haar broer versoen geraak het en Mary as ’n dankiesê vir Sam en Dean vrygelaat het. “Daar is gemengde gevoelens wanneer die drie herenig,” sê Jared. “Mary is ’n vreemdelin­g vir Sam en Dean en hulle is vreemdelin­ge vir haar.” Jared voeg by: “’n Sekere kwesbaarhe­id is betrokke. As iets met haar gebeur, sal die seuns moet help, en omgekeerd. Hulle moet haar ook op die hoogte bring van hul taak.”

Die broers jag Lucifer (Mark Pellegrino), wat van liggaam tot liggaam spring – in episode 8 (24 Augustus) beset hy die VSA-president en hy vind ’n maat om die seun van Satan te dra. Die demoonjagt­ers The British Men Of Letters is ook terug ná ’n vinnige besoek in seisoen 11, en die reëlgebond­e jagters “beskou die broers as onvoorspel­bare elemente en hulle sal Sam en Dean wil keer”, sê Jensen.

 ??  ?? Dean (links) en Sam word met hul nie-sodooies herenig.
Dean (links) en Sam word met hul nie-sodooies herenig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa