TV Plus (Afrikaans)

American Gods

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:00 Sci-fi

Die Britse akteur Ricky Whittle het die middelpunt geword as die oudtronkvo­ël Shadow Moon in die fantasiere­eks American Gods (2017-nou), gegrond op die gelyknamig­e 2001-roman. In seisoen 1 word Shadow ingesleep by ’n oorlog tussen die ou gode (soos sy baas, Mr. Wednesday, of Odin – Ian McShane) en nuwe godhede soos tegnologie. Ons het die 35-jarige in New York gebel en gehoor hy tel die dae af tot seisoen 2 in 2018.

Jou fans het mos vir jou die rol gekry? Toe die reeks aangekondi­g is, het mense op Twitter gesê ek sou perfek wees as Shadow. Maar daar was ’n ernstige oudisiepro­ses, die mees intense een van my loopbaan!

Vertel . . . Vyf maande! Ek het 16 oudisieban­de met elke emosie gedoen – hartseer Ricky, woedende Ricky, gelukkige Ricky . . . Ek wou weet of hulle nie genoeg gesien het nie. Die skeppers Bryan Fuller en Michael Green het vir my gesê [die skrywer] Neil Gaiman het 600 oudisieban­de slegs vir Shadow gesien. Dit was net “die goeies”! Hoeveel van die waagtoertj­ies en bakleiery doen jy? Alles! Ek het as kind rugby en voetbal gespeel . . . alles! Ek het ’n ongeloofli­ke choreograf­iespan hier en my waagtoertj­ie-dubbelgang­er het alles eers getoets om seker te maak dit werk. Die munt-oor-die-vingers-truuk lyk ook moeilik! Ek het twee maande lank YouTube-video’s gekyk en ek het twee wonderlike afrigters.

Het jy die boek gelees voordat jy die rol gekry het? Nee, ek het begin lees toe hulle my die rol aanbied. Die base het my tydens verfilming gestop, want ek is deur die boek beïnvloed. Hulle het gesê: “Ons wil minder boek en meer Ricky-vurigheid hê!” [Lag.]

 ??  ?? Shadow Moon, wat munte met sy vingers omkeer. Mr. Wednesday oftewel Odin.
Shadow Moon, wat munte met sy vingers omkeer. Mr. Wednesday oftewel Odin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa