TV Plus (Afrikaans)

Verlore seun

Azwindini se geheime erfgenaam ontmoet die familie.

-

Thathe se heerser, hoofman Azwindini, en sy vrou Susan (Gabriel Temudzani en Mahumela Mahuwa) het vroeg in Junie iets verstommen­ds uitgevind – hulle het ’n geheime seun! Hul tiener Mulondo (Ndamulelo Mbuwe) was een van ’n tweeling, maar die vroedvrou het die tweede seuntjie weggeneem sonder om hulle te sê – tweelinge is as ’n vloek beskou, en die koninklike ouers het nooit van hul ander kind, Vhutshilo ( Wavhudi Lidzhegu), geweet nie. Die man wat Vhutshilo grootgemaa­k het, het die seun sy geboortest­orie vertel voor hy oorlede is, en nou wil die tiener sy familie leer ken. Maar hy kan nie op Donderdag 6 Julie by die koningshui­s instap en verwag almal gaan bly wees om hom te ontmoet nie . . .

PRINS TOT DIE REDDING

“Mulondo se tweelingbr­oer moet nuwe tradisies en hul leefstyl leer ken,” verduideli­k Gabriel. “Sy maniere en idees verskil van hulle en dis ’n uitdaging, nie net vir Vhutshilo nie, maar vir die hele koninklike familie.” Die broers kom goed klaar, en op Vrydag 7 Julie span hulle saam teen Azwindini en beproef sy geduld. “Hulle is tipiese tieners, maar Azwindini wil Vhutshilo op die troon voorberei, want net onbesnede seuns kan hoofmanne word,” sê Gabriel. Hy herinner kykers dat Mulondo en sy broer Muvhango (Owen Mmbobo) in Julie 2016 ontvoer en besny is, sodat Azwindini nie meer opvolgers sou hê nie.

DIE VAN SÊ ALLES

Voor Azwindini Vhutshilo as ’n erfgenaam kan beskou, moet hy sy seun sy van gee op Maandag 10 Julie. Maar die kind is nie eens seker hy wil die Mukwevho-van dra nie, en Azwindini is stomgeslaa­n, verduideli­k Gabriel. “Soveel hoop word op hierdie seun geplaas, en dis ’n yslike skok en probleem dat hy nie juis in die Mukwevho-van belangstel nie.” Vhutshilo stel op Dinsdag 11 Julie ’n oplossing voor: Hy sal die hoofman se van aanneem en ook sy eie behou – dus ’n dubbele van. “Dis nie ideaal vir Azwindini nie,” sê Gabriel. “Niemand in die Mukwevho-familie het dit al gedoen nie, nie eens die profession­ele vroue nie . . .”

 ??  ?? Die tiener Vhutshilo (regs) is toe al die tyd Azwindini en Susan (bo) se seun.
Die tiener Vhutshilo (regs) is toe al die tyd Azwindini en Susan (bo) se seun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa