TV Plus (Afrikaans)

Monster-ma

Lulama Langa sal enigiets doen om te keer dat haar seun met die grootste fout van sy lewe trou.

- Scandal!

Boniswa (Lusanda Mbane), haar man, Siseko (Hlomla Dandala), en Yvonne (Kgomotso Christophe­r) sal teen middel Julie “een groot gelukkige gesin” wees. Maar dit gaan nie net oor die twee vroue wat een man deel nie – Siseko se ma, Lulama Langa (Nomhle Nkonyeni), is smoorkwaad oor bruid nommer twee. “Sy verafsku Yvonne,” sê Nomhle. “Siseko draai sy rug op sy ma deur met Yvonne te trou ná alles wat daai vrou aan hom gedoen het . . . ná al die opoffering­s wat Lulama vir haar seun gemaak het, ná al die beskerming wat sy hom gebied het.” As Mamma haar sin kry, sal daar geen tweede vrou wees nie.

ONBESKOFTE ONTVANGS

Lulama konfrontee­r Boniswa en Siseko op Woensdag 5 Julie, maar haar waarskuwin­gs val op dowe ore. “Omdat Lulama so ’n goeie verhouding met Boniswa het, is sy teleurgest­eld dat Boniswa die een is wat die poligamie voorgestel het,” sê Nomhle. Van inmenging met die lobola-onderhande­lings tot dreigement­e om nie die troue by te woon nie – Lulama probeer alles, met behulp van haar kleindogte­r Xoli (Sivenathi Mabuya). En wanneer Yvonne op Vrydag 14 Julie haar voete op Lulama se terrein in Bisho sit, is Lulama oorgehaal om aan almal te bewys Yvonne is net ’n fortuinsoe­ker. “Lulama is baie onbeskof. Ek sou nie so met mense praat nie! Kykers gaan my haat vir die rol,” lag Nomhle.

SÊ DIT MET DIE ROK

Maar die bruid is reg om op Dinsdag 18 Julie haar hou in te kry met ’n trourok soos die Langa- clan nog nooit gesien het nie. “Die manier waarop sy aangetrek is, wys sy het geen respek vir wat sy op die punt staan om te doen nie. Lulama is woedend en teleurgest­eld,” sê Nomhle. Kgomotso voeg by: “Volgens die gebruik behoort die rok niks besonders te wees nie. Maar as Yvonne nie die mooi wit trourok kan hê nie, gaan sy beslis ’n uitdagende stywe nommertjie kies.” Scandal! se garderobeh­oof, Corlene Furstenber­g, vertel: “Albei vroue weerspieël die tradisie en skoonheid van hul individuel­e kultuur – Yvonne verteenwoo­rdig ’n Sotho-bruid en Boniswa die Xhosa-vrou. Maar natuurlik sal Yvonne die grense toets en haar eie persoonlik­e sprankel byvoeg.”

 ??  ?? Yvonne maak seker sy’s die middelpunt van die aandag. Lulama skel en skree oor haar nuwe skoondogte­r, wat sy haat.
Yvonne maak seker sy’s die middelpunt van die aandag. Lulama skel en skree oor haar nuwe skoondogte­r, wat sy haat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa