TV Plus (Afrikaans)

Kamerdiens

Bill het ’n sexy nessie in sy kantoor reg vir hom en Brooke.

- The Bold And The Beautiful

Spencer Publicatio­ns het ’n smerige reputasie vir sy skindertyd­skrifte en die grootbaas, Bill Spencer (Don Diamont), pas perfek by die prentjie. Hy het sy kantoorgim in ’n seksden verander vir sy gekafoefel met sy skoonsus-minnares Brooke (Katherine Kelly Lang). Maar hul geheim gaan op die lappe kom wanneer Bill se seun Liam (Scott Clifton) op Woensdag 12 Julie kom inloer . . .

PYN EN PLESIER

Die tweegesig Bill sê nog kort tevore, op Maandag 10 Julie, vir Liam om sy halfbroer Wyatt en Steffy (Darin Brooks en Jacqueline MacInnes Wood) se huwelik te respekteer. “Dit het nie uitgewerk nie, seun!” is Bill se woorde. “Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan jou gedrag verander en aanbeweeg. Aanvaar dit. Tree soos ’n man op. Laat dit gaan!” Wat Liam nie weet nie, is dat Bill presies die teenoorges­telde doen en sy vrou Katie (Heather Tom) skaamteloo­s verkul. Later op Maandag 10 Julie sê Bill vir sy sekretares­se, Alison (Theodora Greece), om al sy oproepe te neem en maak sy kantoordeu­r toe. “Dis vir ons, Brooke,” sê hy. “Niemand sal ooit weet nie.”

Bill droom van dramavrye stomende sessies met Brooke, maar op Dinsdag 11 Julie is sy nie so seker nie, want sy wil nie weer haar verhouding met Katie bederf nie. Pleks om haar te probeer ompraat stel Bill ’n ultimatum aan Brooke: “Ek kan net by Katie bly as ons hierdie ontmoeting­s geheim hou. Op een of ander manier sal ons saam wees – soos nou . . . of ek verlaat Katie.”

AAN DIE SLAAP GEVANG

Intussen het Liam besluit as sy pa Brooke kan prysgee, kan hy dieselfde met Steffy doen en daag later op Dinsdag 11 Julie by Bill se kantoor op om hom te vertel. Bill is nie by sy lessenaar nie, dus is hy seker in sy gim . . . dink weer, Liam! Pleks van gewigte vind Liam ’n bed en ’n oorkrabber­tjie.

Onseker oor wat dit beteken, vra Liam Alison op Donderdag 13 Julie uit. En soos enige goeie onderdaan beskerm sy haar baas: “Dis nou jou pa se ruskamer.” En sonder om te blik of te bloos sê sy oor die oorkrabber­tjie: “Dis Katie s’n.” Is Liam so goedgelowi­g? Moenie dink hy gaan nie, met bewysstuk in die hand, ondersoek instel nie!

 ??  ?? Bill, van alle mense, praat met Liam oor die huwelik. Bill en Brooke beoog gimsessies van ’n ander aard.
Bill, van alle mense, praat met Liam oor die huwelik. Bill en Brooke beoog gimsessies van ’n ander aard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa