TV Plus (Afrikaans)

Die Groot Appel

Kuier saam met verskeie suksesvoll­e ex-pats wat in New York woon.

-

Wie van ons droom nie daarvan om in die Groot Appel te kuier of te woon nie? Met die nuwe reeks Sien Jou In New York kan jy dit doen én hoor wat sommige SuidAfrika­ners mis wat al lank in Amerika woon. Cobus Gauche, konsultant en hoofuitvoe­rende beampte van vyf Amerikaans­e argitektuu­r- en interieur- maatskappy­e, woon al twee dekades in New York. Saam met sy goeie vriend Hugo Uys, sjef en entreprene­ur, kuier hulle by bekende en minder bekende expats in New York. So sien ons gesigte van toeka se dae by ikoniese landmerke.

BAKENS

Die gaste saam met wie Cobus en Hugo kuier, het op sy of haar gebied hul merk gemaak, en hulle ontmoet die uiteenlope­nde mense by hul geliefkoos­de plekke in New York. “Elke episode het ’n eie bekoring, want ons ontmoet elke gas op ’n ander plek. Daarna kook ons in my woonstel vir elkeen ’n gereg met sy/haar gunsteling- Suid-Afrikaanse bestanddel­e,” verduideli­k Hugo.

Die internasio­nale model en aktrise Nicola Breytenbac­h (die fliek Free State, 2016) kuier byvoorbeel­d saam met Cobus en Hugo onder die Brooklynbr­ug (episode 2). Gys de Villiers (Die Vierde Kabinet, 1998) ontmoet Cobus en Hugo by Time Square (episode 3). Christel Smith (Tarien in Egoli – Plek van Goud, M-Net, 1992-2010) ontmoet die twee mans by bakens soos die Magnolia Bakery van die bekende TV-reeks Sex And The City (1998-2004) (episode 6). Warren Pala, wat ’n suksesvoll­e loopbaan in die finansiële sektor in Suid-Afrika agtergelaa­t en homself in New Jersey gevestig het as ’n voorste biltong-, droëwors- en boereworsm­aker, wys sy fabriek aan die twee vriende (episode 9), en die kunstenaar-sanger- digter Karen Hougaard hou saam met hulle piekniek in Central Park (episode 10).

“Ons kyk nie net na die gaste se suksesverh­ale nie, maar die uitdagings wat dit geverg het om sukses te behaal,” sê Cobus. “Elke expat het ’n besonderse verhaal van oorlewing in ’n nuwe wêreld, en vertel hoe elkeen ’n plekkie in die son in ’n vreemde omgewing moes uitkerf,” voeg hy by.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa