TV Plus (Afrikaans)

Kos uit dieboek

Die storie agter die kookboek van die nasie word op die kassie vertel.

- Kook & Geniet Seisoen 1 Woensdae kykNET (*144) 20:00 (begin 5 Julie)

Vir die meeste Suid-Afrikaners is die ikoniese kookboek Kook & Geniet (1951) soos sout – dis onontbeerl­ik in die kombuis. Van Julie af gaan die boek lewe kry op die kassie in die leefstylre­eks Kook & Geniet (2017) wanneer die skrywer, mev. Ina de Villiers, wat in 2010 in die ouderdom van 91 oorlede is, se beproefde resepte voor die kamera getoets, gekook en – hoe dan anders – geniet word.

’N LEERSKOOL

Die aktrise en TV-persoonlik­heid Lise Swart (39) – wat bekend is as veldaanbie­der (2009-2013) by Kwêla (1999nou) – is Kook & Geniet se aanbieder. En dis nie net omdat sy gewoond is aan die kamera nie, maar omdat sy eintlik niks van kos maak weet nie. “Mev. De Villiers het Kook & Geniet geskryf vir mense soos ek,” sê Lise. “Mense wat nie weet hoe om kos rég te maak nie. Deur die reeks speel ek

nie net aanbieder nie, ek leer ook soos die reeks vorder. Kykers moet wag en kyk of dit werk (ek word aan die einde van die reeks getoets). Maar wat ek wel kan sê, is mev. De Villiers het geweet wat sy doen, hoe om dit te doen en hoekom sy dit doen,” sê Lise.

GEHEIME ONTBLOOT

In die reeks van 13 episodes gesels Lise met verskeie koskenners en gaste wat geheime uit die boek verklap. “Die dogters, Eunice van der Berg en Heleen du Toit, en die uitgewer van mev. De Villiers (episodes 1 en 2 op 5 en 12 Julie) vertel vir my stories agter die bekende boek. ’n Rits gaste gaan ook elke week saam met my van die belangrike hoofstukke en inhoud in die boek bespreek terwyl ons kook.”

En wat gaan alles gemaak word? “Ons het sowat 70 geregte oor ’n wye spektrum berei. Oondgeregt­e, nageregte, soetgebak, brood en selfs mengeldran­kies,” vertel die vervaardig­er, Riaan Badenhorst. Die reeks is besonders, want dit gaan die kykers laat saampraat. “Ek weet daar is baie mense wat hul eie Kook & Geniet-stories het, en kykers sal besef die boek het steeds ’n plek in die kombuis,” voeg Riaan by.

 ??  ?? Lise Swart bied die nuwe kosreeks aan.
Lise Swart bied die nuwe kosreeks aan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa