TV Plus (Afrikaans)

Vasgevang in die tjoekie

Ian kry ’n sluk van sy eie medisyne agter tralies.

-

Die eienaar van Suidooster-Eiendomme en berugte besigheids­man Ian October (Aduraghmaa­n an Adams) is in die sop! Selfs al is hy oortuig hy gaan onskuldig bevind word, sit hy steeds agter tralies nadat hy vroeër in Julie op aanklagte van bedrog gearrestee­r is. Maar ons het slegte nuus vir jou, ou, Ian – van Woensdag 19 Julie af is jy jou steunpilaa­r en mag kwyt!

WRAAK EN SKANDE

Ian se skoonsuste­r en besigheids­vennoot Lee-Ann (Portia Joel) het die bedrog oopgevlek. “Ian het geld uit Suidooster-Eiendomme se trustfonds wanbestuur en gebruik om sy talle duistere planne te finansier en homself te verryk,” verklap Abdu en hy weet goed dis Lee-Ann wat hom in die rug gesteek het. “Sy het tydens sy arrestasie vir hom gesê sy het hom ontmasker en nou koester hy talle wraakgedag­tes,” voeg hy by.

Maar dis alles tevergeefs, want die een vrou wat hom kon help om sy wraakplann­e uit te voer, draai op Woensdag 19 Julie haar rug op hom. Sy vrou en steunpilaa­r, Bridgette (Denise Newman), laat hom op die dag mooi verstaan sy is keelvol vir sy agterbaksh­eid. “Die skande is net te groot vir Bridgette,” sê Denise. “Haar man is ontmasker as ’n skurk – iets wat sy al jare lank weet. maar verkies het om te ignoreer.” Om dinge nog erger te maak, word Ian op dieselfde dag borgtog geweier – iets wat hy nie verwag

het ni nie.

IANI VERLOOR BEHEER

K Koud en alleen agter tralies p probeer Ian op Donderdag 2 20 Julie ’n plan beraam om uit die gemors te kom, en hy laat kom sy goeie vriend Chris (Marcel van Heerden). “Ian dink altyd hy is in beheer en dat die kaarte vir hom reg sal val, maak nie saak wat gebeur nie, maar die keer het hy homself misgis,” sê Abdu. Chris sê vir hom daar is niks wat hy in die stadium kan doen om Ian te bevry nie. Daar is wel ’n ander oplossing, maar dit kan baie duur wees . . .

Hulp kom uiteindeli­k uit ’n onverwagte oord – Plakkies (Noel Oostendorp), Ian se selmaat en ’n gevaarlike man, bied aan om vir hom ’n guns te doen. Maar meer daaroor later . . .

SKATTE OP AARDE

Skuldgevoe­lens begin op Maandag 24 Julie aan Lee-Ann knaag wanneer sy sien hoe Bridgette ál meer agteruitga­an. Tot Tim (Marco Spaumer), die argitek by Suidooster-Eiendomme, gee Lee-Ann gas, maar sy sit hom mooi op sy plek en bevraagtek­en sy waardes – as hy so graag Ian se hondjie wil wees!

 ??  ?? Ian en sy gevaarlike selmaat, Plakkies. Bridgette.
Ian en sy gevaarlike selmaat, Plakkies. Bridgette.
 ??  ?? Lee-Ann.
Lee-Ann.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa