TV Plus (Afrikaans)

Oe-la-la, kyk dan so

Aggie en Vince se vriendskap ontwikkel in liefde!

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

As daar nou twee Laners is wat mekaar deur dik en dun ondersteun, is dit Aggie (Mimi Mahlasela) en Vince (Jacques Blignaut). Vince het Aggie begin Julie gehelp om werk as geleenthei­dsbeplanne­r by Bruynwaves los te slaan nadat sy ’n rukkie werkloos was. Aggie was weer Vince se steunpilaa­r tydens sy egskeiding van sy blommeverk­opervrou, Bonita (Hildegardt Whites). Weens ’n sameloop van omstandigh­ede begin die twee al meer tyd saam deurbring. Aggie moet as deel van haar geleenthei­dsbeplanni­ngswerk ’n partytjie vir die oudrugbysp­eler Chester Williams reël, en op Woensdag 19 Julie leer Vince haar die reëls van die spel. Dit lyk of vriendskap­reëls in die proses oortree gaan word . . .

NOU OF NOOIT

“Daar’s niemand so besonders soos Aggie in die Laan nie,” sê Jacques. “Sy is saggeaard, ondersteun­end en betroubaar, ’n vriendin duisend,” en voeg by sedert Vince, ’n sjef by die Beleefkose­mporium, en sy vrou se paadjies geskei het, het hy eensaam geraak. “Die enigste dinge wat ’n glimlag op sy gesit sit, is sy interaksie met Aggie en hul kuiertjies.”

Ander Laners begin dit ook raaksien, soos Marko (Francois Lensley), wat Stasie Ses net langs Beleef besit, en die twee gereeld saam sien. Marko moedig Vince op Woensdag 26 Julie aan om ’n kans te vat met Aggie. “Hy sê dis nou of nooit. Doen eerder iets en word afgesê as wat jy niks doen nie en wonder wat as . . .” voeg Jacques by.

BRAAF EN REGUIT

Vince skraap later die dag moed bymekaar en stap na Aggie se kantoor. Sonder om twee keer te dink blaker hy aan haar uit: “Ek’s verlief op jou.”

“Aggie is stomgeslaa­n,” sê Jacques. Maar hy gee haar nie eens kans om daarop te reageer nie, en sê net sy moet daaroor dink en op haar eie tyd met hom kom gesels. Ag, maar wat is daar nog om oor te dink, Aggie? Julle twee sal so ’n oulike paartjie maak! Teen die einde van die episode gee Aggie haar antwoord aan Vince en ons hoop die antwoord word met ’n soen verseël!

 ??  ?? Aggie se kuiertjies gee Vince (regs) rede om te glimlag.
Aggie se kuiertjies gee Vince (regs) rede om te glimlag.
 ??  ?? Marko.
Marko.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa