TV Plus (Afrikaans)

Bittersoet liefde

Kupido se pyltjie tref Louis weer, maar krap ook sy verlede oop.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Louis Koster (Germandt Geldenhuys) is weer verlief – en die keer lyk dit of dit nie net van een kant af kom nie. Op Woensdag 12 Julie sien Louis die mooie Tracy Moolman (Corné Crous) in Nagskof raak, en hy draai die sjarmekraa­ntjie oop. “Gelukkig los Tracy haar nommer r vir Louis, en Ilse (Hannelie Warren) oorreed hom om Tracy die volgende aand uit te vra,” vertel Germandt. Min weet Louis Tracy kan hom herinner aan dinge uit sy verlede waarvan hy eerderr sou wou vergeet.

SKOK EN VERBASING

Louis en Tracy se eerste afspraak is ’n ramp. “Wanneer Tracy tydens hul kuier die eerste keer hoor Louis se van is Koster, kies sy die hasepad. Louis dog sy berugte broer, At Koster (Hans Strydom), het iets met Tracy se vreemde gedrag te make en dat At iewers lelik drooggemaa­k het,” vertel Germandt.

Maar op Maandag 17 Julie loop hy weer in Tracy vas en sy verduideli­k hoekom sy so vinnig uit Nagskof padgegee het – en dit het niks met At te doen nie, maar omdat Alice Moolman (Laré Brink) haar suster is. Vir Louis bring die naam Alice net hartseer herinnerin­gs terug. Hy was ’n paar jaar tevore in ’n motorongel­uk en Alice was in die motor waarteen hy gebots het. Louis het aangeneem Alice het in die ongeluk gesterf. “Louis het nog al die jare skuldgevoe­lens oor die botsing, want hy het gemeen hy was die skuldige,” sê Germandt. “N “Nou sit Louis weer kniediep in ’n dilemma, want aan die e een kant wil hy van die o onaangenam­e gebeurteni­s v vergeet, maar terselfder­tyd v voel hy baie aangetrokk­e tot Tr Tracy.” B Boonop word Louis by al Tracy se persoonlik­e probleme betrek: sy is werkloos en haar ma het meervoudig­e sklerose en groot mediese uitgawes. Die goedhartig­e Louis bied Tracy werk in Nagskof aan – en gee vir haar geld om haar uit haar tydelike finansiële verknorsin­g te help. “Louis het mos ’n oop hart vir almal,” sê Germandt. “Sy verhouding met Tracy is net die begin van ’n storielyn met baie kinkels,” waarsku Germandt.

Op Maandag 17 Julie kry Louis nog ’n groot verrassing – en dis allesbehal­we goeie nuus, want nou word ou wonde weer oopgekrap.

 ??  ?? Louis en Tracy. Louis het weer die skoot hoog deur.
Louis en Tracy. Louis het weer die skoot hoog deur.
 ??  ?? Ilse.
Ilse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa