TV Plus (Afrikaans)

Salf vir die pyn

Azania fokus op werk om haar dooie baba te vergeet.

-

Broken Vows Weekdae e.tv (*194) 20:00

As dinge warm raak vir die troubeplan­ner Azania (Enhle Maphumulo) hanteer sy haar emosies deur in ander mense se sake in te meng. Dis ook nie anders op Woensdag 19 Julie nie, wanneer sy aanbied om met haar broer, Uhuru (Thapelo Mokwena), en aangenome suster, Thandi (Joanne Reyneke), se lobola-onderhande­lings te help. “Dis nie waar dit eindig nie,” sê Enhle, wie se karakter haar familie probeer oortuig om haar pa, Ace (Sello Sebotsane), ’n oudbandiet, in te sluit al vertrou niemand hom nie. “Sy wou altyd hê Ace moet deel wees van die familie en dis die perfekte geleenthei­d vir Azania om haar familie bymekaar te bring,” sê Enhle. Maar Azania se gemoedstoe­stand is nie reg om familiesak­e te hanteer nie – sy treur nog oor haar dogter se dood in Junie.

NUWE TAAK

Wat sy nie verwag nie, is om op Donderdag 20 Julie saam met Ace uitgesluit te word. “Dis slegte tye vir Azania! Sy voel eensaam en wil nie hê haar familie moet haar bejammer nie,” sê Enhle. Azania kry ’n nuwe projek om haar aandag van haar baba af te lei: op Vrydag 21 Julie maak sy vriende met Brandon (Danny Roos), ’n probleemti­ener wat kitskos by haar besigheid verkoop. Brandon is die een mens wat nie van haar verlies weet nie, maar verduideli­k Enhle: “Hy het diep pyn ondervind. Sy ma is ’n ruk gelede dood en Azania wil met hom vriende maak.” Sy praat met hom en leer hom ken. “Hy’s ’n vars briesie. Brandon is nie jammer vir Azania nie en sy kan net haarself by hom wees – dis iets waarna sy gesoek het,” sê die aktrise.

GENESENDE PROSES

Dit gee Azania nuwe hoop om met Brandon te gesels en sy maak ’n groot veranderin­g op Maandag 24 Julie toe sy besluit om haar hare te knip. “Dis ’n soort wedergeboo­rte. Ek doen dit ook om oor te begin en om my ‘egte’ self te vind,” verduideli­k Enhle. Azania se kollega en kantoorma Charmaine (Shaleen Surtie-Richards) stel voor sy praat met haar man, Chris (Emmanuel Castis), oor hul verlies. “Sy’s reg,” voeg Enhle by. “Charmaine dink Azania moet meer tyd bestee om haar gebroke huwelik te red, maar Azania dink sy’t alles onder beheer.” En sy’s nie heeltemal verkeerd nie – maar dit gaan tyd neem voordat Azania weer haar ou self is.

 ??  ?? Thandi. Azania probeer Thandi oorreed dat sy deel van Thandi se troue wil wees.
Thandi. Azania probeer Thandi oorreed dat sy deel van Thandi se troue wil wees.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa