TV Plus (Afrikaans)

Gevaarlike liefde

Eric Forrester kan regtig ’n geheim tussen die lakens hou!

-

The Bold And The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 18:30

As fans gedink het Bill en Brooke (Don Diamont en Katherine Kelly Lang) se sekskapade­s in daai “kantoorgim” van hom is skokkend, wag tot hulle sien wie nou die kat in die donker knyp. Die gek Quinn (Rena Sofer) trippel op Maandag 24 Julie oor na haar nuwe geheime minnaar . . . haar baas, Eric Forrester (John McCook). Quinn en Eric probeer hulself oortuig hulle is net twee eensame mense wat troos in mekaar se arms vind, maar niemand anders sal dit so sien nie. En dis waarom hul affair tot elke prys ’n geheim moet bly.

VROUE UIT DIE VERLEDE

Eric herinner Quinn op Dinsdag 25 Julie daaraan hul gekafoefel is nie vir ander ore bedoel nie, maar voor sy aanstoot kan neem, erken hy sy voorliefde vir vroue was nog altyd “avontuurli­k”. “Ek is bekend vir my swak oordeel,” bieg Eric. “Ek het ’n lang geskiedeni­s met slegte vroue. Daar was Shei

la (Kimberlin Brown – wat pas na Bold-skerms in die VSA teruggekee­r het), Sally

Spectra (Darlene Conley), Jackie (Lesley-Anne Down), Donna (Jennifer Gareis) . . . Daar was foto’s van daai een. In die koerante.” John sê Eric hou van ’n sterk vrou wat weet wat sy wil hê. “En ja, hy hou van sy vroue ’n bietjie ongewoon.” Ongewoon? Donna is daarvan beskuldig dat sy Eric in 2008 vergiftig het, en Jackie was ’n afpersende rondslaper en seksuele roofdier. Wanneer Sally nie Forrester- ontwerpe gesteel het nie, het sy babas omgeruil. En waar begin ’n mens met die bigamis-moordenare­s Sheila, wat haar dood versin en in 2003 ’n baba as menslike skild gebruik het? Quinn is dalk net nommerpas vir Eric!

PLESIERIGE PYN

John is oortuig daarvan Quinn en Eric se enigste agenda met die fling is die plesier van mekaar se nabyheid. “Ek en Rena wil hierdie affair vertolk as iets wat opreg is: dat Quinn ten goede verander het, dat dit ware liefde is – ons het geen teenstrydi­ge aanduiding­s van ons skrywers gekry nie,” onthul John. Sal Eric kan byhou met Quinn se sadomasoch­istiese aptyt? John skerts Eric was gewoond daaraan om bevele van sy streng vrou, wyle Stephanie (Susan Flannery), te gehoorsaam . . .

 ??  ?? Quinn en Eric raak alte liefies . . . wat sou die Forresters hiervan sê?
Quinn en Eric raak alte liefies . . . wat sou die Forresters hiervan sê?
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa