TV Plus (Afrikaans)

Vergelding­sdag

Nick se moordenaar bieg sodat hy gestuit kan word.

-

Toe Nick Fallon (Blake Berris) op Vrydag 7 Julie sy hand sterwend in Horton Town Square opgelig het na sy moordenaar kon hy na enigeen gewys het. Wie wou hom nie dood gehad het nie? En nou, terwyl Hope (Kristian Alfonso) die verdagtes ondervra, is iemand besig om kwaai te sweet – iemand wat al baie foute gemaak het. Dis geen skok ok nie wanneer Will Horton (Guyuy Wilson) hom op Maandag g 24 Julie by die polisiesta-- sie oorgee nie. Dié vrot appel val nie ver van sy mammie, Sami Brady (Alison Sweeney), se boom nie. Maar wag ’n bietjie . . .

DIE BIEGSTOEL

Op Donderdag 27 Julie kom die ware moordenaar na vore, desperaat om te keer dat Will vir die res van sy lewe agter tralies beland – Will se babama Gabi Hernandez (Camila Banus). “Ek sou jou nooit tronk toe laat gaan het vir my nie,” sê sy op Vrydag 28 Julie vir Will. Gabi moet desperaat wees om die regte ding te doen, want voor haar bekentenis moes sy haar baba, Arianna (Harper en Sydnee Udell) aan die maatskapli­ke diens oorhandig, met die wete as sy tronk toe gaan, sal haar dogtertjie sonder haar ma grootword.

HOEKOM HY MOES STERF

Gabi sê vir Hope: “Nick wou Arianna wegneem van die mense wat haar liefhet. En ek kon dit nie laat gebeur nie.” Maar wag! Dit lyk tog of iemand nie vir Nick se slim set as die gawe kêrel geval het nie. “Om terug te gaan na Nick ná alle alles wat hy gedoen het, het m miskien nie sin gemaak vir som sommige mense nie. Maar G Gabi was bang vir Nick,” v verduideli­k Camila. “Sy w was bang wat Nick sou d doen as hy besef sy voel n niks vir hom nie. Sy was be bekommerd hy sou Ari skad skade aandoen. Hy kon haar enig enige tyd doodgemaak het.” As Gabi vir Hope sê Nick wou nie nee vir ’n antwoord neem nie, praat sy ook van die tyd toe hy haar probeer verkrag het – toe sy hom die eerste keer probeer doodmaak het in Januarie vanjaar. Sy erken Nick het haar ook afgepers omdat sy Melanie (Molly Burnett) twee jaar gelede geterroris­eer het. Gabi was vasgekeer en moord was haar enigste uitweg.

 ??  ?? EJ sê hy sal Gabi verdedig wanneer sy haar oorgee ná Will se arrestasie. Will bieg, maar hy is nie Nick se moordenaar nie.
EJ sê hy sal Gabi verdedig wanneer sy haar oorgee ná Will se arrestasie. Will bieg, maar hy is nie Nick se moordenaar nie.
 ??  ?? Krokodiltr­ane terwyl Gabi na Nick kyk?
Krokodiltr­ane terwyl Gabi na Nick kyk?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa