TV Plus (Afrikaans)

Smag na mag

Die stormram Tau is bereid om alles wat in sy pad staan te vernietig om beheer oor Jack se bouprojek te verkry.

-

Om ’n ou nemesis tot ’n val te bring behoort maklik te wees – jy kry inligting waarmee jy hom kan slaan waar dit seermaak. Met dit in gedagte besluit die eks-Morokaskoo­nseun Tau Mogale (Rapulana Seiphemo) om elke kans wat hom voordoen te gebruik om sy mededinger Jack Mabaso (Vusi Kunene) tot ’n val te bring op Vrydag 21 Julie. “Die twee wedywer al jare en dit gaan nou erger raak as wat kykers dink moontlik is,” sê die woordvoerd­er Gaaratwe Mokhethi.

Tau wil hê wat Jack so na aan die hart lê: sy bouprojek, JM Eco City. En hy weet waar om te begin: Tau pers die oudste Moroka-oom, Molefe (Mothusi Chebeletsa­ne), af om beheer oor die familie-aandeel in die bouprojek te verkry. As Molefe weier, gaan Tau vir Mazwi (Musa Ngema) vertel hy is nie die pa van “sy” nuwe baba Rorisang (Lethokulhe Jiyane) nie. “Die dreigement­e pla Molefe! Hy is bang en weet Tau sal nie skroom om die familie te vernietig nie,” sê Gaaratwe.

WAT GAAN AAN?

Die Morokas het moeite gedoen om die vaderskapg­eheim weg te steek. Hulle kan nie toelaat dat Tau hul nalatenska­p verwoes nie en stem in om hom die mag te gee wat hy wil hê. Maar Tau se opgewonden­heid taan vinnig wanneer sy IT-ou Zach (Mxolisi Masango) op Woensdag 26 Julie sien iemand het by sy rekenaar ingebreek. “Hy is geskok! Tau wil dit oplos voor daar ’n probleem is,” sê Gaaratwe. Hoewel Jack en Tau saam in besigheid is, kon hulle nog nooit oor enigiets saamstem nie en “dis nie net oor JM Eco City nie. Hulle baklei nog altyd en dié keer gaan dit woes wees, want familie is betrokke,” sê Gaaratwe.

EK SIEN JOU

Terwyl Tau en Zach soek na die kuberkrake­r, maak Jack op Donderdag 27 Julie planne om Tau se oornamepla­nne te stop. Hy gebruik vir Thabi (Motsoaledi Setumo), wat vroeg in Julie by sy deur opgedaag het op soek na haar broer. Die twee het meer gemeen as wat hulle dink: hulle het albei teruggekom van die dood, hulle is voormalige gangsters en hulle sal enigiets doen vir mag, selfs hul families gebruik. “Jack weet daar is ’n verband tussen Thabi en Tau. Iets groots gaan gebeur en Tau gaan nie weet tot dit hom tref nie,” verklap Gaaratwe.

 ??  ?? Tau het net een ding voor oë: hy wil Jack se bouprojek hê.
Tau het net een ding voor oë: hy wil Jack se bouprojek hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa