TV Plus (Afrikaans)

Gooi ’n vleisie op die kole

Familie en vriende spook dit uit wie die beste braaiers. is.

-

Ná die sukses van vier seisoene van Kom Ons Braai (VIA, 2015 – nou), waar drie paartjies in elke episode meeding om uit te vind wie die beste braaiers is, kry familieled­e en vriende nou die kans om teen mekaar mee te ding. “Anders as die moederprog­ram, Kom Ons Braai, ken die deelnemers mekaar en die dinamika tussen hulle is heeltemal anders,” vertel Amor Engelbrech­t, vervaardig­er van albei reekse. En wees maar gewaarsku, al brand die braaivleis­vure hoog, gaan die vonke ook lekker spat.

In ’n neutedop: Wat kan kykers van die nuwe reeks verwag?

Kykers gaan uitvind of bloed dikker as braaisous is en of vriende regtig sewe sakke braaisout saam gaan opeet.

Waar kom al die deelnemers vandaan?

Ons steek vure aan in die Kaap, Namakwalan­d en Gauteng. Bobaasbraa­iers in Bloemfonte­in het ons omgepraat om by hulle te kom kole krap. Ons moedig kykers van oor die hele land aan om in te skryf.

En wie is die beoordelaa­rs? Net soos in Kom Ons Braai beoordeel die deelnemers mekaar in verskillen­de kategorieë – braai, smaak en onthaal. Wat was jou grootste uitdaging as vervaar

diger? Dis vir ons as produksies­pan belangrik om die program met integritei­t en eerlikheid te vervaardig, daarom raak ons nie by die beoordelin­g of kosmaakpro­ses betrokke nie. Dit is realiteits-TV, dus bly ons neutraal en laat die aksie sy gang gaan en voor ons afspeel. Dit is soms moeilik om neutraal te bly, maar ons glo kykers ervaar dit wat hulle op TV sien, nie as gemanipule­er nie – sodoende identifise­er hulle met als waardeur die deelnemers gaan. Hoe kortwiek die weerstoest­nde julle omdat julle meesal buite skiet? Dit is realiteits-TV. As dit reën of die wind waai woes, volg die kameras steeds die deelnemers se doen en late. Die deelnemers braai oral – selfs op hul balkon, op die stoep, in ’n braaidrom of in die agterplaas. Solank daar kole is, kan daar gebraai word!

 ??  ?? Die deelnemers is (van links): Sonja en Ludwig du Preez, Pierre en Natasha Burger en Lizelle en Gareth Theron.
Die deelnemers is (van links): Sonja en Ludwig du Preez, Pierre en Natasha Burger en Lizelle en Gareth Theron.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa