TV Plus (Afrikaans)

Kos en kompetisie

Sjef Reuben Riffel help studentesj­efs om hul droomwerk te kry.

-

Op jul merke, bestanddel­e gereed, kook! Dis die uitdaging wat 20 studentesj­efs in die gesig staar in die splinternu­we realiteits­reeks PROEFessio­neel (2017-nou), wat in Julie op gratis TV afskop. Met ondervindi­ng as profession­ele sjef en op TV as MasterChef SA (2012-2015), is Reuben Riffel die aanbieder en mede-beoordelaa­r van die reeks. Hy gee ons proeseltji­es om ons mond te laat water.

Wat kan kykers van PROEFessio­neel verwag?

As gevolg van die vele koskompeti­sies en -reekse op TV is daar baie jongmense wat die bedryf wil betree. Ons wys hulle nou wat hulle het om potensiële werkgewers te bied. In elke episode neem twee studentesj­efs deel aan ’n uitdaging waar hulle ’n mandjie vol verrassend­e bestanddel­e kry wat hulle in ’n beperkte tyd in ’n dis moet verander

en komplement­eer met hul keuse van wyn. Ek en 'n gasbeoorde­laar beoordeel die geregte en kyk of die wenstudent geskik is om te werk by die gasbeoorde­laar se restaurant, gastehuis of wat dit ook al is wat die gas besit. Elke wenner gaan deur na die volgende episode om dit uit te spook vir die posisie van wensjef.

Watter groot prys is op die spel?

Daar is 10 episodes waarin die wenner van elke episode aan die einde gaan meeding om die groot prys van R150 000.

Vertel ons van die bekende sjefs wat saam met jou gaan beoordeel.

Ons is tans besig om die reeks te verfilm en alles is nog nie gefinalise­er nie, maar daar gaan sjefs wees soos Bertus Basson (bekend vir Ultimate Braai Master (2012-nou) en Goed Beter Bertus (Dinsdae op VIA om 18:00) en Chris Erasmus (sjef en eienaar van die Foliage-restaurant in Franschhoe­k) wat my gaan help.

Watter dis sukkel jy by tye om te bemeester?

Beslis dim sum- geregte (gestoomde deeg, gewoonlik gevul met groente of varkvleis).

Wat is jou gunsteling­bederfkos?

Roomys, lamskerrie, bobotie en kerrievark­nek.

 ??  ?? Reuben Riffel beslis wie se kos lyk en proe die beste.
Reuben Riffel beslis wie se kos lyk en proe die beste.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa