TV Plus (Afrikaans)

Skok en opwinding

- Petro spook by Alexa.

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

7de Laan-kykers ly nou nog saam met die jongklomp aan skok ná die dramatiese vliegramp. Nie net was Marko (Francois Lensley) tydelik verlam en Suna (Anelle Bester) deur ’n tak deurboor nie, maar die een wat ons nie verwag het nie was die Oppiekoffi­e-kelnerin Petro (Carla van der Merwe) wat op Donderdag 13 Julie onverwags dood is nadat die jongklomp haar nie wakker kon kry nie. Op Maandag 17 Julie is die groep uiteindeli­k gered en is nou op die herstelpad en probeer Petro se dood verwerk. Maar dr. Alexa (Carina Nel) kan net nie vergeet sy kon nie agterkom daar was iets groots fout met Petro nie en begin vanaf Woensdag 19 Julie nagmerries daaroor kry.

PETRO SPOOK

“Petro is oorlede aan intrasereb­rale bloeding (bloeding op die brein). En ongelukkig kon Alexa dit nie opmerk sonder enige inwendige ondersoeke nie,” sê Carina. “Al weet sy sy kon niks meer in die boendoe doen nie, verander dit nie die skuldgevoe­lens wat sy ervaar nie.” Daar is duidelik groot fout wanneer Alexa dieselfde dag obsessief begin raak en haar hele kamer skoonskrop en herrangski­k. Die aand spook Petro by haar in ’n droom en ons sien hoe Petro desperaat by Alexa pleit om haar lewe te red.

HILLSIDERS GROET

Die nagmerries en Petro se gesmeek en gepynigde uitdrukkin­g duur op Donderdag 20 Julie voort, maar Alexa wil niemand vertel nie. “Sy moet sterk wees en wil nie vir haar familie en vriende wys hoe erg die situasie haar eintlik raak nie,” sê Carina. Die Hillsiders hou op Vrydag 21 Julie ’n herdenkdie­ns vir Petro in Oppiekoffi­e en selfs Suna, wat die vlieënier was en nog in die hospitaal moet herstel van haar buikbeseri­ng, is daar in ’n rolstoel. “Dis ’n hartseer affêre, maar tog so spesiaal,” vertel Carla. “Al was Petro ’n kelnerin en net drie jaar in Hillside het sy ’n volwaardig­e Hillsider geword en ek glo almal gaan haar mis.”

 ??  ?? Petro tydens die vliegramp.
Petro tydens die vliegramp.
 ??  ?? Alexa word deur skuldgevoe­lens opgevreet.
Alexa word deur skuldgevoe­lens opgevreet.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa