TV Plus (Afrikaans)

Stadige herstel?

Magda moet kom help bak met Koekie wat buite aksie is.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

As daar nou een karakter is wat ’n kansvatter is, is dit Koekie (Rina Nienaber). Dié madam het aan die begin van Julie gesondheid­sprobleme ontwikkel en beland toe wraggies in die hospitaal met ’n hartkwaal. Op Woensdag 19 Julie word sy ontslaan met die mediese raad om dinge rustig te vat. Maar soos ons Koekie ken, neem sy die raad letterlik op en misbruik haar sussie, Magda (Elzabé Zietsman), wat met haar soetkoekie­besigheid moet kom help.

KOMMIN KONINGIN

Magda is nes Koekie lekker kommin en het ook in die squat (plakkerska­mp), soos hulle daarna verwys, grootgewor­d en gebly. “Magda is squat royalty,” sê Elzabé oor haar karakter. “Die mense van die squat dink sy is soos Queen Elizabeth, want sy is getroud met ’n man wat die twee grootste pandjieswi­nkels in Roodepoort besit. Maar hulle weet nie haar man verneuk haar lekker nie,” verklap sy verder.

Magda is egter nou in Johannesbu­rg om vir Koekie haar soetkoekie­s te bak wat sy daagliks aan Bibi (Stephanie Baartman) se salon-en-koffiewink­el verskaf. Sy doen dit uit die goedheid van haar hart, maar op Vrydag 21 Julie raak sy keelvol vir Koekie wat haarself soos ’n pasiënt gedra. “Koekie is op die herstelpad, maar dit beteken nie sy gaan dit ’n vinnige proses maak nie. Dus skroom sy nie om Magda ’n bietjie te misbruik en rond te jaag terwyl sy lekker op die bank rus nie,” sê Rina.

HULP WORD INGEROEP

Gefrustree­rd en uitgeput gaan vra Magda op Maandag 24 Julie by Maryke (Marijke van der Westhuizen) hulp met die onredelike Koekie wat te gemaklik op die bank raak. “Maryke reken Koekie moet oefening doen om die bloedsvloe­i te help en Magda dink dis ’n bak idee,” sê Elzabé. Dis net jammer Koekie dink nie dis ’n goeie plan nie en gaan nie sommer maklik haar nuwe rusbanklew­e verruil om ’n tannie te word wat rondstap nie. Jy gaan hare op jy tande nodig hê, Magda. Sterkte!

 ??  ?? Magda is daar wanneer sus Koekie haar nodig het.
Magda is daar wanneer sus Koekie haar nodig het.
 ??  ?? Koekie geniet haar rusbanklew­e.
Koekie geniet haar rusbanklew­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa