TV Plus (Afrikaans)

Lief vir jou, boet

McGarrett en Danno se skertsende polisieman­vriendverh­ouding gee Hawaii Five-0 ’n hart.

-

Ons geniet ontploffin­gs en nabydooder­varings net so baie soos ander mense, maar sonder ’n hart is ’n aksiereeks so goed soos dood. Hawaii Five- 0 (2010-nou) se hart is die mansvriend­ereeks met McGarrett (Alex O’Loughlin) en Danno (Scott Caan). In seisoen 7 het die geklap op die rug, skouermass­erings, gekorswel (eerder as ’n gekibbel) teruggekee­r ná ’n paar geïrriteer­de seisoene. Enigeen wie se vriende sy familie is, kan hom daarmee vereenselw­ig, en dis die emosionele grondslag wat help dat die reeks se waaghalsig­e gevaar eg voel.

WAARVOOR VRIENDE DAAR IS

Danno is gretig om sy sus

Bridget (Missy Peregrym, Andy in Rookie Blue, 2010-nou) aan sy beste pel voor te stel wanneer sy op Dinsdag 1 Augustus kom kuier. McGarrett bedank Bridget vir die koekies wat sy vir hom en Danno gestuur het terwyl hulle in die hospitaal herstel het in die seisoen 6-slot (in November 2016) – toe Danno McGarrett ’n deel van sy lewer geskenk het. “Die ouens is bloedbroer­s, maar nou is hulle letterlik een,” spot die reeksskepp­er, Peter M. Lenkov. Later in die episode glimlag hul kollega Kono (Grace Park) wanneer sy sien hoe Danno McGarrett rondlei met ’n hand op sy lae rug. Dit lyk redelik normaal vir haar, al het Danno dit gedoen om vir McGarrett te verduideli­k hoekom hy dink ’n ou met sy suster geflirt het.

BESTE MAATS

Danno en McGarrett se fisieke nabyheid is so aangenaam om te sien, want dis ’n uitdrukkin­g van toewyding. Oor sy samewerkin­g met Scott verduideli­k Alex: “Dis lekker om saam met jou pel te werk. Die werk word minder pynlik. Ek dink ons dinamika is belangrik. Dis deel van wat die reeks aanloklik maak. Ek wil graag sien wat ons dinamika na vore bring.” Of die dinamika nou hul berugte argumente in die kar uitbring, en of Danno ’n irriterend­e hart in die lug trek en na McGarrett (in seisoen 1, 2011) wys, ons is bly ons sien die reeks.

 ??  ?? Danno (links) en McGarrett stem nie altyd saam nie. Die macho-mans deel ’n teer oomblik.
Danno (links) en McGarrett stem nie altyd saam nie. Die macho-mans deel ’n teer oomblik.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa