TV Plus (Afrikaans)

Cesar is terug

’n Gevaarlike man uit Grace se verlede vlek ’n langverste­ekte geheim oop en gebruik dit om haar te manipuleer.

-

As die eienaar en bestuurder van die Newtonian-hotel lyk die stylvolle en elegante Grace Medupe (Bathabile Mashigo) of sy die toppunt van sukses bereik het. Nuus van haar uitnemendh­eid het ver en wyd versprei . . . al die pad haar verlede in tot by ’n man van wie sy eerder wil vergeet: Cesar (Mpho Molepo – Mthunzi in Zabalaza, 2013-2016). Grace word gedwing om Cesar van aangesig tot aangesig te sien op Woensdag 19 Julie. Maar wat wil hy hê en wat doen hy nou weer op die toneel, byna 20 jaar later?

MINNAAR MET GELD

Jare gelede was Cesar ’n man besig om opgang te maak en Grace was ’n jong vrou met groot drome. “Sy was op skool en het hulp nodig gehad. Cesar was daar vir haar aan die begin – en ook as minnaar,” verduideli­k Mpho. “Cesar glo Grace skuld hom nou. Sy lewe het nie uitgedraai soos hy gedink het dit sou nie. En toe lees hy in die koerant van Grace en besef sy is suksesvol. Sy aanslag is: Kan jy my terugbetaa­l?”

DUUR SKULD

Grace het egter nie dieselfde gevoel van verpligtin­g teenoor Cesar nie, nie na wat die aand van haar gradeplegt­igheid gebeur het nie. Mpho sinspeel dat vanuit Cesar se perspektie­f hy die volste reg gehad het om te doen wat hy gedoen het. Maar sy aksies het Grace met ’n lewenslang­e letsel gelaat. “Sy is baie kwaad vir Cesar. Sy wou hierdie man nooit weer in haar lewe gesien het nie, want sy dra steeds daardie pyn,” sê Mpho. En dis omdat Cesar wat gebeur het, nie in dieselfde lig as Grace sien nie dat hy nou weer hier is. “In sy kop het hy die moontlikhe­id dat hulle weer saam is, klaar opgemaak. Hy sien homself met aandele in die Newtonian-hotel. Hy sien uit daarna om alles wat hy van haar wil hê te kry.”

DIE OORHAND

Grace is heeltemal van plan om die arrogante Cesar weg te jaag, totdat hy haar desperaats­te geheim op Vrydag 21 Julie oopvlek. En wanneer hy dit aanwend om aan te bly, gaan die ander mans in Grace se lewe – Neo (Jerry Mofokeng Wa Makhetha), Romeo (Hungani Ndlovu) en Siseko (Hlomla Dandala) – baie te sê hê.

 ??  ?? Grace se vrese word bewaarheid wanneer Cesar opdaag.
Grace se vrese word bewaarheid wanneer Cesar opdaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa