TV Plus (Afrikaans)

Waar’s my geld?

Thandaza sit haar speurhoed op om die gelddief te vind.

-

Thandaza (Sindi Dlathu) en James (Dingaan Mokebe) is al die eienaars van die konstruksi­emaatskapp­y Basadi sedert Thandaza se afdanking by die mededinger-ondernemin­g MMC in 2015. Maar die vennootska­p kom voor uitdagings te staan op Maandag 24 Julie as Thandaza agterkom geld is weg. Hoe nou gemaak vir hoof Thandaza en bemarkings­hoof James?

KOMMER OOR GELD

“Die ouditeure sê vir Thandaza die boeke klop nie en ’n groot bedrag geld het verdwyn,” verduideli­k Dingaan. En die spoor lei na James se bemarkings­afdeling. Dingaan verklap sy karakter word op Donderdag 27 Julie “uit sy kantoor geskop” in opdrag van die ouditeure. “James voel in die verleenthe­id en skaam voor sy kollegas,” sê Dingaan. James weet nie hoekom hy uit die gebou gegooi word nie en dis Thandaza se werk om hom die waarheid te vertel.

VRIENDSKAP VERBY

Die spanning loop hoog op Vrydag 28 Julie as Thandaza met die waarheid uitkom oor die geld wat weg is. “James is geskok wanneer sy hom vertel wat aangaan. En hy is woedend omdat Thandaza insinueer dat hy die een is wat Basadi se geld verkeerd hanteer of selfs gesteel het.” Die geldproble­em veroorsaak groot onenigheid tussen die twee op Maandag 31 Julie, en Dingaan verklap: “Dit beïnvloed hul verhouding en alles wat hulle tot dusver opgebou het. Hoekom sal Thandaza dink hy sal van ‘hul’ maatskappy steel? James was van dag een ondersteun­end teenoor Basadi en toe Thandaza nie ‘reg in die kop’ was nie [in 2015], het James die firma oorgeneem as waarnemend­e hoof. Hulle is saam deur dik en dun, of dit persoonlik­e of private probleme was.”

NOG MOEILIKHEI­D OP PAD

James wil Thandaza konfrontee­r en bewys hy het niks te doen met die vermiste geld nie, maar op Dinsdag 1 Augustus kom hy agter sy is self in ’n penarie. “Thandaza wil nie met James oor hul sake praat nie – sy wil eerder weghardloo­p daarvan. Sy wil nie eens met die ouditeure en prokureurs praat nie,” sê Dingaan.

Maar die sorgsame vriend wat hy is, maak James dit later op Dinsdag 1 Augustus sy missie om ’n oplossing vir die geldproble­em te vind. En dis dan wanneer selfs meer drama kop uitsteek. James praat met die magshonger sakevrou Matshidiso (Buhle Samuels) en, grynslag Dingaan, “Niks goeds kom ooit van Matshidiso nie, so dinge gaan interessan­t raak . . .”

 ??  ?? James. Wanneer daar geld in die bemarkings­afdeling wegraak, verdink Thandaza haar goeie vriend James.
James. Wanneer daar geld in die bemarkings­afdeling wegraak, verdink Thandaza haar goeie vriend James.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa