TV Plus (Afrikaans)

Wil jy geskiet word?

Nina en Georgie is nie bang om ’n wapen op mekaar te rig nie.

-

Die Zamdelas is Horizon Deep se eerste familie misdadiger­s – Bra Georgie (Darlington Michaels) het gesteel, bedrieg en skelmstrek­e uitgehaal om bo uit te kom sedert die sepie in 1998 begin het. Maar as Georgie se sjebienbaa­sdogter, Nina (Khabonina Qubeka), haar sin kry, sal hulle van nou af op die regte pad loop, want sy wil die familiebee­ld verbeter ter wille van haar seun, Obakeng (Anga Makubalo). Hy het vroeg in Julie van ’n geestelike reiniging teruggekee­r nadat posttrauma­tiese stressindr­oom by hom gediagnose­er weens ’n bedrogspul wat skeefgeloo­p het. Maar vanaf Donderdag 20 Julie stel Georgie dit duidelik hy stem nie saam nie.

WAPENS UIT

“Nina en Georgie se verhouding verander heeltyd,” verduideli­k Khabonina. “Daar sal altyd probleme wees en sy sal nooit die besigheid verstaan waarin Georgie belê het nie. Hy wil hê Nina moet sy reëls gehoorsaam, maar sy weier.” Khabonina voeg by haar karakter wil “’n beter lewe vir Obakeng [skep] en hom uit die Zamdela-wêreld neem, veral omdat hy ’n nuwe pa is”. Georgie wil hê sy kleinseun moet geld maak, en die deftige lewe lei wat skurkwees moontlik sal maak, maar Nina sit haar voet dwars en op Donderdag 20 Julie rig sy ’n vuurwapen op Georgie.

WAPENS UITGEPLUK

Obakeng stap by die twee in op Vrydag 21 Julie en teen die tyd het Georgie ook sy wapen uit. “Nina is woedend vir haar pa omdat hy Obakeng se lewe omgekrap het, en vaar teen Georgie uit omdat hy Obakeng aanmoedig om misdaad te pleeg,” sê Khabonina. “Niks het gewerk nie, en Nina dink haar wapen sal Georgie laat luister.” Obakeng is hulpeloos terwyl sy ma dreig om haar pa te skiet, en die situasie bring weer sy trauma na vore – die ding wat Nina juis nie wou doen nie ná Oba in Maart ontvoer en gemartel is.

VRYHEID TEEN ’N PRYS

“Obakeng het ’n tawwe lewe gehad,” sê Khabonina. “Nina wil hê hy moet ’n eerlike lewe lei en sy seun saam met die baba se ma, Kamo (Makgotso M), grootmaak.” Nina het vir hom werk by die groentemar­k gereël, “maar dit kan te laat wees”, waarsku die aktrise. Georgie sal nie sy erfgenaam en enigste kleinseun so maklik laat gaan nie. Dit beteken nie hy sal sy dogter skiet nie – Georgie weet hoe om hom uit ’n moeilike situasie te praat as hy daaruit voordeel kan trek.

 ??  ?? Georgie en Nina is op die oorlogspad. Obakeng beland weer in die middel.
Georgie en Nina is op die oorlogspad. Obakeng beland weer in die middel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa