TV Plus (Afrikaans)

Rampokker vind God

Nkunzi word wedergebor­e agter tralies nadat hy die lig sien – maar is dit alles oëverblind­ery?

-

Met so baie bose karakters wat al godsdienst­ig geraak het om simpatie te wek, het kykers al agterdogti­g begin raak oor dié wat sê hulle het ’n Damaskus-oomblik gehad. En as die skelm so wreed en moorddadig is soos Nkunzi (Masoja Msiza) – wat Mxolisi (Nay Maps Maphalala) probeer doodbrand het op Donderdag 6 Julie – is die twyfel nog groter. Maar op Maandag 24 Julie vertel Nkunzi sy tronksteun­groep hy wil verander, en dit kan dalk net waar wees!

FAMILIE IS ALS

Masoja skryf sy ware bekering toe aan Nkunzi se dogter Zekhethelo (Nyalleng Thibedi) nadat sy haar bande met hom verbreek op Maandag 24 Julie. “Zekhethelo het nie ’n benul gehad wat haar pa gedoen het nie. Toe hy vir haar ’n nuwe kar of geskenke gekoop het, het sy gedink hy was besig met sy normale besigheid. Sy voel verraai,” sê Masoja. En sonder haar, “voel Nkunzi hy het sy wêreld verloor”. Die enigste manier om Zekhethelo terug te kry is om haar nie net te oortuig hy het verander nie, maar om werklik te verander.

ONTSNAPPIN­G

“Nkunzi begin deur God om vergifnis te vra en wil sy lewe verander,” sê Masoja. Maar tronkvoël Nkunzi se voorneme word getoets wanneer iemand vir hom ’n ontsnappin­gsroete aanbied op Dinsdag 25 Julie. “Ontsnappin­g is vryheid, maar hy besef hy kan nêrens heen gaan nie en dit (ontsnappin­g) sal sake net vererger,” onthul Masoja. “Hy het die kans om voor te gee hy ontsnap, maar gebruik die persoon as sondaar om aan die owerhede te wys hy het verander.”

VERANDERIN­G IS SWAAR

Dié agterbaksh­eid wys die skelm Nkunzi is so slinks soos altyd. “Dis nie maklik om oornag te verander nie,” gee Masoja toe. “Nkunzi het deur misdaad geld gemaak en om te verander, moet hy moed bymekaarsk­raap en weet hy gaan ’n ruk lank swaarkry. Hy moet vir homself sê: ‘Ek’s slim met ’n goeie verstand. Ek sal iets nuuts leer en ’n nuwe manier kry om geld te maak.’” En Nkunzi is nie die enigste een wat verander nie . . . “As ek ’n skelm karakter speel, dink ek aan ’n dier soos ’n bul of ’n slang. Nou verander ek selfs sy houding. Ek stoot my bors uit, die ken op, kom in die lig en glimlag meer. Ek vertaal my draaiboek in Zoeloe en gebruik woorde wat nie vulgêr is nie, maar duidelik. Ek vors woorde uit die Bybel na,” onthul Masoja.

 ??  ?? Nkunzi se bekering word aangedryf deurdat Zekhethelo hom verwerp. Nkunzi (regs) soek geestelike hulp by pastoor Mdletshe, die man wat hy probeer doodmaak het.
Nkunzi se bekering word aangedryf deurdat Zekhethelo hom verwerp. Nkunzi (regs) soek geestelike hulp by pastoor Mdletshe, die man wat hy probeer doodmaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa