TV Plus (Afrikaans)

Luister na ons!

Botho soek geregtighe­id vir verkragtin­gslagoffer­s.

-

Die ASA-bokskampio­en Tladi (Solomon Sebothma) se lewe is op sy kop gekeer sedert hy middel Julie vir verkragtin­g gearrestee­r is. Hy is nog in die tronk, sy borge het hulle onttrek en erger probleme wag by die gim. Die ASA- eienaar Justice (Saint Seseli) se dogter Botho (Moliehli Makobane) neem sterk standpunt in teen verkragter­s, en dit ontstel Tladi op Maandag 24 Julie. “Sy veroordeel hom al klaar sonder dat sy sy kant van die storie gehoor het,” sê Moliehli.

VEELBESPRO­KE NAG

“Tladi voel seergemaak omdat Botho voortgaan met haar veldtog,” vertel Moliehli. “Tladi doen sy bes om almal te oortuig hy is nie skuldig nie, dat hy Pula (Bokang Phelane) nie verkrag het nie en dat sy jok oor hul nag saam.” Pula het die klag van seksuele aanranding by die polisie gaan lê, maar Tladi kan niks van die veelbespro­ke partytjien­ag onthou nie. “En dit raak sy loopbaan en toekoms,” voeg Moliehli by. “Hy kan hieroor uit die gim geskop word, selfs al is hy onskuldig.”

Botho voel sleg om Tladi se onthal- we op Dinsdag 25 Julie, want sy besef hy is dalk in hegtenis geneem vir iets wat hy nie gedoen het nie. “Sy is iemand met morele waardes en wil hê die regte ding moet gedoen word. Botho neem die veldtog ernstig op en doen haar bes om die ASA en diegene wat met die gim geassosiee­r word, daaruit te hou,” vertel Moliehli.

DIE VERKEERDE TEIKEN

Maar Botho se planne boemerang op Maandag 31 Julie wanneer Tladi se ma en die gimbestuur­der Mmamosa (Sonia Mbele) ’n voëltjie hoor fluit oor die anti-verkragtin­gsveldtog. “Mmamosa wil haar seun beskerm, maar wil terselfder­tyd nie met ’n verkragter verbind word nie.” Botho is net so deurmekaar en besef sy ontken haar gevoelens vir Tladi. “Sy hou van hom en wil nie hê hy moet as ’n verkragter gebrandmer­k word nie, veral omdat dit tans nog net ’n aantyging is,” sê Moliehli.

Botho wil bewustheid skep oor geweld teen vroue, en hulle daarop wys hoe hulle hulself kan beskerm. Moliehli voeg by “niemand in Botho se vriendekri­ng was bereid om standpunt in te neem nie, dus het sy. Maar dit gaan nie oral verwelkom word nie – Justice sal baie vir haar te sê hê en Tladi gaan dalk nooit weer met haar praat nie . . .”

 ??  ?? Botho is trots daarop dat sy standpunt inneem oor seksuele misdade . . . . . . maar sy weet Tladi is dalk onskuldig.
Botho is trots daarop dat sy standpunt inneem oor seksuele misdade . . . . . . maar sy weet Tladi is dalk onskuldig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa