TV Plus (Afrikaans)

Gesteelde voorkoms

Reneilwe se vriendin Kgaugelo laat haarself soos Renei lyk.

-

Die opkomende popsangere­s Reneilwe (Amo Chidi) wil die beste wees en het baie dinge prysgegee om dit reg te kry. Sy was nie universite­it toe nie en repetisies was belangrike­r as familie en vriende. En sy gaan nie toelaat dat iemand anders haar kollig steel nie! Veral nie wanneer haar fan en bestie, Kgaugelo (Lethabo Mashego), op Dinsdag 25 Julie nes Elektra, Renei se alter ego op skerm, lyk nie. “Dit maak my bang! Kgaugelo is net soos Electra aangetrek – hulle lyk soos susters,” sê Amo. Om Renei se styl te steel is nie die enigste ding wat Kgaugelo wil hê nie: sy wil ook ’n popster wees!

NA-APER

Reneilwe se vriendin Mampho (Itumeleng Bokaba) waarsku Renei op Woensdag 26 Julie Kgaugelo se obsessiewe neigings is ’n probleem, maar “Reneilwe weier om na enigiets slegs oor Kgaugelo te luister. Sy dink Mampho is jaloers op hulle,” sê Amo. Renei wou altyd ’n band met iemand vorm wat haar belangstel­lings deel, soos musiek en partytjie hou. Maar “Kgaugelo voer dit te ver. Sy begin ’n vervalste rekening op sosiale media en gee voor sy’s Reneilwe – en Reneilwe weet van niks,” sê Amo.

KRY ’N HOUVAS

Kgaugelo het haar nabootsing van Reneilwe fyn beplan. Sy beweeg soos Renei, praat soos sy . . . en op Vrydag 28 Julie gee sy voor sy’s Renei wanneer fans Kgaugelo vir die popster aansien by Renei se gunsteling-restaurant. Die regte Reneilwe besef wat aangaan wanneer haar fans foto’s met “haar” aanlyn stuur, en Amo sê sy is geskok. Sy het dit nie verwag nie. Sy was naïef en kan nie glo Mampho was reg oor die meisie nie!”

Renei wil Kgaugelo in ’n radioonder­houd ontmasker op Maandag 31 Julie, maar selfs dit werk nie. “Kgaugelo kaap die program en vaar teen Reneilwe uit, wat sy ’n onverantwo­ordelike dronklap noem, en sy dink sy’s ’n beter sangeres as Renei,” sê Amo. Renei is verleë oor haar “vriendin” se uitbarstin­g en storm by die radiostasi­e uit met twee doelwitte: om te red wat te redde is van haar beeld, en te keer dat Kgaugelo haar loopbaan steel!

RENEILWE-REPLIKA

Reneilwe en Kgaugelo lyk nie toevallig na mekaar nie. Die sepie het in Maart 2017 met ’n “Reneilwe-ewebeeld-” soektog begin, en dit was “skokkend,” sê Amo. “Ek kon nie glo daar was soveel mense wat soos ek lyk nie! Dit was pret en onthutsend – dit was die koelste ding nóg!”

 ??  ?? Jamaica sien hoe Kgaugelo sy vriendin Reneilwe se kollig steel. Die regte Renei.
Jamaica sien hoe Kgaugelo sy vriendin Reneilwe se kollig steel. Die regte Renei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa