TV Plus (Afrikaans)

Slim skuif?

Katlego sukkel om die vroue in sy lewe gelukkig te hou wanneer hy by sy bestie, Mapitsi, intrek.

-

Die kookkunsst­udent Katlego (Patrick Seleka) is reg om sy langbroek aan te trek en in die grootmensw­êreld te beweeg. Hy wil op Woensdag 19 Julie uit sy ouerhuis trek en by sy vriendin Mapitsi (Mogau Paulina Motlhatswi) gaan bly, maar sy bemoeisiek­e ouma Koko Mantsha (Lydia Mokgokolos­hi) is nog nie reg om hom te laat gaan nie. “Koko sien Katlego nog as haar ‘klein baba’,” lag Patrick. En Koko het nie probleme om mense emosioneel af te pers nie – sy sit ’n treurige gesig op om Kat te manipuleer sodat hy sal bly. Sy’t hom as haar eie kind grootgemaa­k toe sy impulsiewe ma, Charity (Makgofe Moagi), hom as baba agtergelaa­t het en “Koko is bekommerd Kat sal sy goeie maniere vergeet sonder haar wakende oog. Maar hy wil gaan en onafhankli­k wees,” sê Patrick.

GEE MY SPASIE

Op Vrydag 21 Julie, gee Koko haar dogter Charity opdrag om Koko te probeer oorreed om te bly, maar “Charity wil niks weet nie. Niemand is so erg oor hul vryheid as Charity nie en sy wil dieselfde vir haar seun hê,” voeg Patrick by. Charity besef dis ’n groot kans vir Koko – en Kat – en sy stel Koko gerus deur haar te laat verstaan Katlego sal verantwoor­delik bly. Maar Kat se ouma is nie die enigste een wat ongemaklik is met sy skuif nie . . .

Later, op Vrydag 21 Julie, besoek Kat se vriend Tbose (Cornet Mamabolo) sy baba se ma, Mapitsi, met die hoop hy sal Katlego weghou. “Tbose dink Kat is besig om die bru-kode te verbreek. Tbose probeer selfs dat Mapitsi hom ’n tweede kans gee, maar sy stel nie nou in romanse belang nie,” sê Patrick. Hoewel Mapitsi en Katlego vroeër ’n romanse in Oktober 2013 verbreek het, het hulle goeie vriende gebly. “Tbose verstaan dit nie. Hy dink Katlego steel sy meisie (hoewel hulle selfs langer gelede opgebreek het as Kat en Mapitsi),” sê Patrick. “Maar dis nie die geval nie – Katlego soek net ’n plek om te bly en Mapiti se plek is perfek vir hom.”

 ??  ?? Koko (regs) praat met Katlego oor haar bekommerni­s omdat hy by Mapitsi (hierbo) bly.
Koko (regs) praat met Katlego oor haar bekommerni­s omdat hy by Mapitsi (hierbo) bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa