TV Plus (Afrikaans)

Finansieel kundig

Lynelle Kenned roep Pasella vaarwel en raak slim met geld.

-

Begroting, rente, inflasie, annuïteite, lewenspoli­sse en pensioenfo­ndse. As al die terme jou laat kopkrap oor wat die beste is vir jou, moet jy inskakel op die splinternu­we leefstylre­eks Jý Geld (2017-nou). Onder leiding van die aanbieder Lynelle Kenned kan jy leer hoe om die beste finansiële toekoms vir jouself te skep. Lynelle vertel meer:

Wat kan kykers van die reeks Jý Geld verwag?

Die reeks is ’n toeganklik­e en praktiese bron van finansiële kundigheid – ons bied die kykers raad en bystand in 13 episodes saam met kundiges (soos prokureurs, ekonome en eiendomsag­ente) om hulle finansies op die slimste moontlike wyse te bestuur, vanaf hul eerste salaris tot ná aftrede.

Hoe het jy by die reeks betrokke geraak en die rol as aanbieder gekry?

Ek het in April ’n oudisie afgelê vir die reeks.

Aanvanklik was ek bekommerd oor my skrale finansiële kennis, maar die produksies­pan het juis na ’n aanbieder gesoek wat net soveel as die algemene publiek weet, en gemaklik genoeg is om dom vrae te vra.

Het die reeks jou ingesteldh­eid tot finansies verander?

O ja! Dit het die manier waarop ek geld aanskou heeltemal verander. Ek het nou meer selfvertro­ue en minder vrees vir my finansies.

Het jy enigiets nuuts geleer?

Ek was nie bewus van hoe belangrik dit is om vroeg te begin spaar nie. Die spaar van ’n kleiner bedrag oor ’n langer tydperk trek meer rente as ’n groot bedrag wat eers later weggesit word. Ook ons moet kan onderskei tussen goeie en slegte skuld – rente kan mens maak of breek!

Is jy nog as aanbieder by Pasella (1998nou) betrokke, of het jy daardie hoofstuk afgesluit?

Ek het vroeër vanjaar die Pasella-span ná vier jaar vaarwel toegeroep. Dit was tyd vir veranderin­g en ek wou al my aandag gee aan Jý Geld en my sangloopba­an as operasange­r. Die tyd by Pasella was ’n ongeloofli­ke ervaring en het my geleer hoe om ’n aanbieder te wees.

 ??  ?? Ruk jou geldsake reg met Lynelle se hulp.
Ruk jou geldsake reg met Lynelle se hulp.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa