TV Plus (Afrikaans)

Mens se beste vriend

Alles wat jy van honde en die hondewêrel­d moet weet.

-

Of jy nou ’n hond kry om ’n troeteldie­r, wag-, gids- of skaaphond te wees of bloot net as ’n getroue kameraad – jy moet goed ingelig wees om die regte een te kies en weet hoe om jou hond reg te versorg en te voed. Die hondeliefh­ebber en aanbieder Lizma van Zyl gesels met verskeie kenners wat jou al die antwoorde op jou vrae gee.

KYKSTOF VIR ALMAL

Lizma sê Hond Se Gedagtes behoort by ’n baie kykers aanklank te vind. “Die reeks is beslis nie net op diereliefh­ebbers gemik nie. Ons vertel byvoorbeel­d mooi stories oor honde wat elke kyker met ’n hart sal raak,” sê sy. “Ek hoop al die interessan­te feite oor honde, praktiese wenke en hope pret met ons hondemater­s sal al die kykers wat afsydig teenoor diere is, se persepsies verander.”

Die kenners se insig is onontbeerl­ik en vermaaklik. Sarie se kosredakte­ur Herman Lensing demonstree­r byvoorbeel­d hoe om hondebesku­itjites te bak (episode 5), en die hondegedra­gskenner Jacky Hayman deel die regte raad uit as jou hond nie goeie maniere het nie (episode 7). En as jy wonder of jy ’n hond moet aanneem pleks van ’n opreg geteelde hond ten duurste te koop, moet jy nie episode 9 misloop nie. Kykers kry ook wenke hoe om hul hondekinde­rs te bederf (episode 10).

GROOT HONDELIEFH­EBBER

Lizma is ’n regte hondemens en vertel haar liefde vir honde kom van kleintyd af. “Ek is eintlik lief vir alle diere, maar het met honde grootgewor­d. Ek dink nie daar was ’n tyd in my grootwordj­are dat daar nie ’n hond in ons huis was nie.” Haar eerste hondjie was Micky, ’n spierwit keeshond, en sy het tans twee hondekinde­rs – Buddy, ’n basterhond­jie en Pippa, ’n worshond wat vanjaar haar 16de verjaardag vier.

Maar sy het nie spesifiek ’n gunsteling­hond nie. “Elke hond het ’n besonderse persoonlik­heid, en as jy moeite doen om honde te leer ken, sal jy gou agterkom hulle is slim, sielvolle wesens. Soos iemand eenkeer gesê het: As jy nog nie vir ’n hond lief was nie, is daar ’n deel van jou siel wat nog nie ontwaak het nie.”

 ??  ?? Lizma van Zyl en ’n vierpotige vriend.
Lizma van Zyl en ’n vierpotige vriend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa