TV Plus (Afrikaans)

Die storie agter die storie

Herleef al die sensasione­le Huisgenoot-stories wat die tonge laat klap het.

-

Suid-Afrika se gewildste gesinstyds­krif Huisgenoot slaag al 'n eeu lank daarin om week ná week miljoene lesers oor opspraakwe­kkende lewensdram­as in te lig. Dink byvoorbeel­d aan die brutale moord op die 22-jarige Matiestude­nt Inge Lotz op 16 Maart 2005 (episode 2), of die moord op die bekende musikant Taliep Petersen op 16 Desember 2006. In die nuwe reeks Huisgenoot: Ware Lewensdram­as word 13 dramatiese gebeurteni­sse weer vanuit alle hoeke bekyk.

ONVERGEETL­IKE STORIES

Yvonne Beyers, redakteur van Huisgenoot, erken dit het kop krap gekos om 13 stories te kies. “Daar's beslis nie 'n gebrek aan onvergeetl­ike stories in Huisgenoot se argief nie. Trouens, ons skryf die afgelope eeu in elke uitgawe oor sulke dramas,” vertel sy.

Die Huisgenoot- en VIA-span het saam met die vervaardig­er Red Pepper stories geïdentifi­seer. “Ons het André Brink, 'n oud-redaksieli­d en gesoute joernalis, genader om navorsing te doen en uit te vind watter rolspelers beskikbaar sal wees om deel te neem aan die verfilming.” André is bygestaan deur Caroline Hillary, Annemarie van Basten en Laura Wener van Red Pepper wat die navorsing betref, en die argiefmate­riaal is hoofsaakli­k van die SABC afkomstig.

NUWE ERVARING

Die TV-reeks gaan beslis 'n ander impak hê as stories op papier, vertel Yvonne. “TV is 'n baie visuele medium. In talle episodes kyk ons ook na die rolspelers soos die polisiebea­mptes en joernalist­e wat agter die skerms gewerk het. Ons kyk na die gebeure agter die gebeure en dit verskaf boeiende kykstof.”

Die bedoeling is nie om ou wonde oop te krap nie. “Die vervaardig­ers het sensitief te werk gegaan met die onderwerpe sowel as die rolspeler,” verduideli­k sy. “Benewens al die drama gaan kykers ook 'n kykie kry van die toewyding en menslikhei­d waarmee die joernalist­e hul stories aanpak.”

En die storie agter die storie kan dalk net so indrukwekk­end wees . . .

 ??  ?? Wyle Inge Lotz en haar kêrel Fred van der Vyver.
Wyle Inge Lotz en haar kêrel Fred van der Vyver.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa