TV Plus (Afrikaans)

Slange & lere

Cal en Eddie stoei om Meyerisme se siel ná die stigter se dood.

- The Path

Seisoen 2 Maandae M-Net (*101) 22:40 (begin 24 Julie)

Is die Meyeristie­se kultusleie­rs hoog op dwelms in seisoen 2 van The Path (2016-nou)? Is hul religieuse visioene eg? En laat die laaste drie sporte wat deur Cal Roberts (Hugh Dancy) van New York se tak van Meyerisme geskryf is, reg geskied aan die kultusstig­ter, dr. Stephen Meyer (Keir Dullea), se oorspronkl­ike doktrine en teks wat as die Leer bekend staan? Albei kan ewe waardeloos wees, want daar is geen hoër gesag om enige van die vrae te beantwoord of leuens van die waarheid te skei vir die kykers nie – elke karakter se waarheid in die reeks is sy eie realiteit. En dit skep sommige fassineren­de paaie . . .

DOOD VERKEERD

Seisoen 1 (Februarie 2017) het geëindig met dr. Meyer wat wonderbaar­lik van sy seisoen lange koma herstel het in sy kliniek in Peru. Dis ten minste wat Eddie

Lane (Aaron Paul) gesien het. Op daardie punt het terugkeren­de visioene daartoe gelei dat Eddie selfs getwyfel het aan die onsekerhei­d wat hom in seisoen 1 van Meyerisme weggedryf het. Seisoen 2 begin met ’n terugflits van dr. Meyer wat vir Eddie sê Eddie, nie Cal nie, is sy spirituele opvolger. Meyer berei hom dan voor om die laaste drie sporte van die Leer te skryf, maar voordat hy dit kan doen, word Meyer en Eddie bo-op ’n berg deur weerlig getref en dr. Meyer val na sy dood. Wel, dis Eddie se storie. Iemand het later beweer hy/sy het gesien hoe Eddie Meyer van die berg afstamp.

STYG & VAL

Wat wel duidelik word soos die seisoen vorder, is in die afwesighei­d van letterlike waarheid werk Cal en Eddie albei aan verskillen­de uitdrukkin­gs van Meyerisme se spirituele waarhede. Eddie neig na aanvaardin­g en openheid, en Cal word toenemend gedryf na beperking, afpersing en leuens as sy gereedskap om aan mag te klou. Een leer is vir opklim, op en uit, en die ander, af na die duisternis.

 ??  ?? Slange het niks te doen met die glibberige kultusadde­rs wat Eddie sal teëkom nie.
Slange het niks te doen met die glibberige kultusadde­rs wat Eddie sal teëkom nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa