TV Plus (Afrikaans)

In Tom se skoene

Die Boekklub- karakter maak die akteur Armand Aucamp dapper.

-

Met sy sjokoladeb­ruin oë en lang lyf is dit nie verbasend Armand Aucamp (30) lok kykers om te sien wat sy karakter Tom in Die Boekklub (2016-nou) aanvang nie. Maar buiten sy aantreklik­e voorkoms het hy hope akteursver­nuf – ook maar goed, want dis al wat hy nog altyd wou doen.

Wat kan kykers van Herman (Arno Marais) en Altus (Stian Bam) se troue in episode 4 (1 Augustus) verwag?

Dit gaan spesiaal wees. Maar wat ek die meeste van Die Boekklub hou en iets wat ek van Louis Pretorius (skrywer en regisseur) respekteer, is dit raak nie soppy en ’n cliché nie. Dis eg en opreg en beeld die lewe uit met al sy rose en dorings.

Jy is uitstekend in jou vertolking van Tom – sou jy sê jy leer iets by elke rol wat jy speel?

Beslis! Ek dink daar is altyd iets wat skuif nadat jy ’n rol aanpak. Ek het nou al soveel tyd as Tom deur-

gebring, hy is deel van my en ek van hom. Hy is wonderlik eerlik, hy sê wat hy dink en hy gee nie hoe ander hom sien nie. Ek is geneig om my tong te byt en my emosies te onderdruk ter wille van vrede. Maar deur Tom kan ek van my frustrasie­s ontslae raak sonder oordeel. Dis ’n wonderlike uitlaatkle­p.

Wat dink jy maak Die Boekklub anders as ander Afrikaanse dramas?

Ek dink dit is die alledaagse manier waarop Die Boekklub geskryf en gespeel word. En dis waarby die kykers aanklank vind. Ek dink daar’s stories, reekse en flieks wat die kyker na ’n ander wêreld voer en ’n mens laat vergeet van die lewe, die hier en nou – ontsnappin­g. En dan is daar reekse wat jou dwing om na binne te kyk, na jouself, jou lewe en jou te laat nadink. Die Boekklub is een van daardie reekse.

Waarom het jy besluit om akteur te word?

Flieks en die teater het my van kleins af meegevoer. Ek wou altyd die ontsnappin­g wat die karakter deurgaan, self ervaar. En dus iets beleef wat jy nie noodwendig andersins sou kon ervaar nie. Ek dink die reis daarvan is meer haalbaar in die teater, maar ek geniet die subtiele nuanse wat ’n mens op skerm kan vasvang.

 ??  ?? Armand is mal oor sy eerlike karakter Tom in Die Boekklub.
Armand is mal oor sy eerlike karakter Tom in Die Boekklub.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa