TV Plus (Afrikaans)

Appel vol gif

Die dramareeks Apple Tree Yard verken passie, moraliteit, bedrog en geweld.

-

Die vierepisod­e-riller Apple Tree Yard (2017) is gegrond op die 2013-roman met die gelyknamig­e titel van Louise Doughty en is nie bedoel vir sensitiewe kykers nie! Die wetenskapl­ike en getroude ma Yvonne Carmichael (Emily Watson) het twee seksuele ervarings: een ’n spontane geheime fling wat sy wil hê, en die ander ’n seksuele aanranding wat sy beslis nie wil hê nie. In die paar minute waarin die verkragtin­gstoneel afspeel, verander die reeks se toon van ’n sexy gekafoefel vir 40-plussers na ’n skrikwekke­nd gewelddadi­ge misdaaddra­ma. Yvonne moet nie net die fisieke en sielkundig­e nasleep hanteer nie, maar ook die gemeenskap se onsensitie­we behandelin­g van verkragtin­gslagoffer­s wanneer sy daarvan aangekla word sy het saamgeswee­r om die verkragter, haar opdringeri­ge kollega George Selway (Steven Elder), te vermoor.

DIE ONPERFEKTE SLAGOFFER

Yvonne se vroeëre ontmoeting met haar geheimsinn­ige “vreemdelin­g”, Mark

Costley (Ben Chaplin), voorkom ten dele dat sy die verkragtin­g aanmeld. Sy weet sy het haar status as ’n “perfekte” slagoffer verloor toe sy haar man en pa van haar twee kinders,

Gary (Mark Bonnar), verkul het. Om teen George te getuig sal beteken haar ontrouheid word bekend en dit sal haar gesin by die drama betrek, tesame met die bykomende trauma van ’n geskinder en veroordeli­ng. Daar is ’n kinkel wanneer Yvonne die een wat sy dink sy kan vertrou, vertel wat gebeur het. “Ek hoop die kykers sal op Mark verlief raak, nes Yvonne, en wanneer dinge dus omswaai, is dit net so ’n skok vir hulle as vir haar,” verduideli­k Emily.

Die enkelseiso­enreeks handel oor die web van leuens waarin Yvonne haar bevind terwyl sy haarself probeer beskerm. “Die gemors is erger as jou ergste nagmerries,” onthul Emily. “Die een leuen ontvou in ’n ander. Dis ’n vreeslik stresvolle toestand om in te wees fisiek sowel as geestelik.”

 ??  ?? Die werkende ma Yvonne se lewe is op die punt om op ’n skokkende manier te verander.
Die werkende ma Yvonne se lewe is op die punt om op ’n skokkende manier te verander.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa