TV Plus (Afrikaans)

Pearl se kans

Quantico se seisoen 2 bring meer aksie, meer kinkels en ’n plaaslike gesig TV toe.

-

As jy seisoen 2 van die aksiereeks Quantico (2015-nou) misgeloop het weens onaangekon­digde produksieb­reke en wat vroeër vanjaar weer op die TV-rooster verskyn het, is dit tyd om in te haal. Quantico saai dubbelepis­odes uit om jou Vrydae ’n adrenalien­inspuiting sowel as ’n plaaslike geurtjie te gee. Ons het met Pearl Thusi (aanbieder van Lip Sync Battle Africa, 2016-nou) gesels om meer te hoor van haar rol as die prokureur Dayana Mampasi, hoe dit was om aan die internasio­nale reeks te werk, en wat sy op stel geleer het . . .

Waar pas jou karakter in die Quanticole­gkaart?

Sy steek kaarte weg en is kompleks. Soos die ander werk sy deur haar lewensverh­aal soos die intrige ontwikkel. Dayana en Alex is die sterkste vroue en hoe hulle gaan klaarkom, of nie, sal interessan­t wees

om deur die seisoen te sien. Hoe het jy ’n oudisie gekry by so ’n

grootnaam- internasio­nale reeks? Hulle het ’n aktrise gesoek wat Afrika kon verteenwoo­rdig en het ’n kortlys gehad. Ons is gevra om oudisie-opnames te stuur en dit was uitputtend. Ek het baie voorbereid­ingswerk gedoen.

Wie het jou vertel jy is gekies? My agent het my gebel – dit was opwindend. Dit het eers ingesink nadat die eerste episode uitgesaai is; toe was dit eg en niemand kon dit wegneem nie.

Wat het jy van die reeks geweet? Dat dit divers is – karakterge­wys – en het goed gevaar. Ek het waardering en respek vir Priyanka Chopra [hoofkarakt­er Alex Parrish] gehad as aktrise en internasio­nale vroulike figuur, sowel as [die produksiem­aatskappy] ABC wat so anders kyk na TV-maak. En wat maak Quantico anders as jou gewone akteurswer­k? Die aksente [lag] – en daar is baie om in te neem.

Soos? Wel, ons was al vanaf 06:00 op stel en daar is dinamiese aksie. Dis beweging wat nie ophou nie en dis fisiek gesproke veeleisend! Hoe het jy die ander spelers ontmoet? Ons het ’n tafellees gedoen en dit was lekker om deel van ’n globale familie te voel.

 ??  ?? Pearl was tuis by haar internasio­nale medesterre soos Jake McLaughlin (Ryan – heel links) en Priyanka Chopra (Alex – middel).
Pearl was tuis by haar internasio­nale medesterre soos Jake McLaughlin (Ryan – heel links) en Priyanka Chopra (Alex – middel).
 ??  ?? Pearl en haar nuwe medesterre het mekaar beter leer ken tydens etes.
Pearl en haar nuwe medesterre het mekaar beter leer ken tydens etes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa