TV Plus (Afrikaans)

Legendes Van Afrikaanse Musiek

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Leefstyl

-

Boet Pretorius (79), of Dimpel, soos baie mense hom ken, het diep spore in die Afrikaanse musiekbedr­yf getrap. Hy het onder die vaandel van sy platemaats­kappy Decibel, wat hy in 1982 gestig het, talle kunstenaar­s soos Gé Korsten, Rina Hugo, Anneli van Rooyen, Carike Keuzenkamp, Sias Reinecke en Gert van Tonder se musiek vervaardig en van hulle huishoudel­ike name gemaak.

Hoe het jy in die musiekbedr­yf beland? As kind het ons hele gesin saam musiek gemaak. Ek het in 1955 op 17-jarige ouderdom vir die musikant Jurie Ferreira se orkes begin kitaar speel en daarna het ander boere-orkeste soos Nico Carstens, Duffy Ravenscrof­t en Hendrik Susan s’n gevolg. In die jare sestig het ek ná matriek elektronik­a gaan studeer. In 1973 het ek by die platemaats­kappy Gallo as klankingen­ieur begin werk en kunstenaar­s se musiek opgeneem. Daarna het platemaats­kappye soos Brigadiers gevolg. Watter Afrikaanse kunstenaar­s se prestasies

het jou die meeste verras? Die jong sanger Riaan Nienaber wat destyds 11 jaar was toe hy sy eerste album, 1 000 Soene (1991), opgeneem het. Ons het ’n kans gewaag dat hy volwasse liedjies sing, maar toe verkoop sy eerste album meer as 85 000 eksemplare. Sias Reinecke se liedjie Sproetjies was in 1978 ook die grootste treffer tot dusver in die Afrikaanse musiekbedr­yf en het meer as 300 000 eksemplare verkoop.

Wat doen jy deesdae? Ek is semi-afgetree en woon net buite Rust de Winter, waar ek saam met my vrou, Yvonne, my dogter Janine en haar man, Mark Knez, die Mangwa Valley Game Lodge help bestuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa