TV Plus (Afrikaans)

Silicon Valley

Seisoen 4 M-Net (*101) 23:50 Komedie

-

Bederfbrok­kie! Dis TJ Miller (Erlich Bachman) se laaste seisoen by Silicon Valley (2014-nou) as die Pied Piper se verwaande belegger/magtige Erlich. En wanneer Erlich in episode 10, die seisoenslo­t, by ’n Tibettaans­e klooster aansluit, kon dit nie gou genoeg vir die Pied Pipers gebeur nie. “Hy’s ’n buitestand­er. Niemand wil hom daar hê nie. Niemand hou van hom nie.” Maar TJ wou nie noodwendig ophou nie. “In komedie loop jy van die verhoog af wanneer die mense die hardste lag,” spot hy.

1 Die 36-jarige toer nou met sy skerpskert­svertoning TJ Miller On Tour.

2 TJ en sy vrou, Kate, bemark self hul “ironiese luukseparf­uum”-handelsmer­k onder die Hot Trash-etiket, met geure soos Wet Garbage.

3 Die komediant se geskenk aan sy danseres- en modelvrou op hul troudag – 6 September 2015 – was ’n skildery van Beauty & The Beast en ’n antieke bal en ketting.

4 Maar nie alles is ’n grap nie – TJ dra altyd die miniatuurk­ompas wat Kate hom gegee het “sodat jy altyd jou pad na my kan terugvind”. Die liedjie wat hy die meeste

5 haat “in die hele geskiedeni­s van musiek” is The Black Eyed Peas se Boom Boom Pow (2009). “Dis angswekken­d vaag,” kla hy.

6 As jy ’n vraag vra waarvan hy nie hou nie, moenie verras wees as TJ ’n dwarsfluit uithaal en dit begin speel nie. 7 Hy’s ’n meester-towenaar en vanweë sy vaardighed­e het hy plek gekry as ’n towenaarli­d by Hollywood se Magiese Kasteel. 8 Wat sy karakters betref, is Erlich nie sy weirdste nie – TJ speel ’n reuse- blou alien in sy 2017-Comedy Central-kletsprogr­am The Gorburger Show.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa