TV Plus (Afrikaans)

Elke Skewe Pot

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Komedie

-

Al moeg gesoek na liefde? Moet nie tou opgooi nie, want die pasmaatsoe­ker Sandra Koekemoer (Franci Swanepoel) en haar span van die webtuiste Elke Skewe Pot (2017-nou) is gereed om jou ware liefde te help vind. Franci vertel van een van haar (eie) beste afsprake en die stoute komedie.

Jy is besonders in die rol van ’n feeks (soos Laetitia in die sepie Getroud Met Rugby 2016-nou). Maar in Elke Skewe Pot is jou rol komies. Was dit lekker om iets anders aan te durf?

Komedie is eintlik my groot liefde. Geen maskers nie, en net soos in drama moet ’n mens jouself nooit te ernstig opneem nie.

Gaan ons binnekort weer vir Laetitia in Getroud Met Rugby sien?

Ek dink Laetitia gaan nog lank in die tronk sit vir die bedrog, moord en geldwasser­y waaraan sy skuldig bevind is.

In Elke Skewe Pot help die karakters hul kliënte om liefde te vind en vir hulle afsprake te reël. Vertel ons van jou eie beste afspraak.

Ha-ha! Daar was al te veel om te tel, maar die lekkerste afspraak wat dalk eerder as die lekkerste kuiergelee­ntheid beskryf kan word, was so ’n paar jaar gelede met twee mense saam met wie ek al ’n lang pad loop – die akteur Richard van der Westhuizen (bekend as Andries Melck in Andries Plak 2007-nou) en die skrywer Ilza Roggeband (Noot Vir Dood 2013).

In ons vorige onderhoud het jy gesê Elke Skewe Pot skroom nie om buite die soetstroop- Afrikaanse komedieres­ep te beweeg nie. Kan jy vir ons voorbeelde gee?

In episode 3 (24 Julie) kafoefel die sekretares­se, Lulu (Carien Botha), met een van die kliënte. Sy’s ’n stoute manne-eter. En kykers moenie episode 5 (7 Augustus) misloop nie wanneer Wilma (Carine Rous) ’n kliënt ’n sexy make-over gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa