TV Plus (Afrikaans)

Vlug Na Egipte

Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:00 Drama

-

Die aktrise Kay Smith (25) het ons twee jaar gelede verras met haar akteursver­nuf as die kassiere Breggie by Dot Se Winkel in Vlug Na Egipte (2015-nou) toe dit op kykNET uitgesaai is. Met die reeks nou op gratis TV betower sy nuwe kykers weer en ons het meer by haar gaan uitvind oor haar tyd by die dramareeks en die draai wat sy by die sepie 7de Laan (2000-nou) gemaak het.

Hoe was jou ervaring op die stel van Vlug Na Egipte?

Dit was my eerste groot TV-rol, en in ’n koue Hanover (waar die reeks geskiet is) was dit ’n warm, vriendelik­e en uitdagende stel. Ek onthou hoe ek vinnig met Leandie du RandtBosch (Lea Haasbroek) en Bradley Olivier (Cyril Petersen) bevriend geraak het. Ons gesels nou nog gereeld.

Watter lesse het jy by Breggie geleer?

Ek het geleer om nie tou op te gooi nie en nie tevrede te wees met dit wat die lewe jou gee nie, maar om te baklei vir jou geluk, vrede en vryheid. Só kan jy ’n impak daarbuite maak.

Verlede jaar het jy die rol van Tarryn in 7de Laan vertolk, wat die Laanliefhe­bbers warm onder die kraag gehad het omdat sy haar kêrel Errol (Christo Davids) mishandel het. Wat kan jy ons vertel van jou ervaring by die sepie?

Dit was soos ’n kind wat leer kruip, loop en hardloop het alles binne twee en ’n half maande. Die span was hulpvaardi­g en het my baie tuis laat voel.

Ons het jou ook onlangs in Sara Se Geheim (2017-nou) as ’n verkragtin­gslagoffer gesien. Was dit moeilik om sulke tonele te verfilm?

Dit is geskiet net nadat een van my beste vriendinne verkrag is. So, ja, dit was moeilik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa