TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA, Isibaya, Isithembis­o

-

BOLD

Steffy oorweeg die moontlikhe­de vir die bekendstel­ling van Forrester se somerreeks, en Ridge, Steffy en Katie wil hul nuwe swemklerev­eldtog saam met Spencer Publicatio­ns aanbied. Katie wil hê Forrester se personeel moet in swemdrag poseer, en Ridge en Quinn oorweeg dit om Eric van hul affair te vertel. RJ en Coco onthul hul verhouding aanlyn, die Avants stry oor Lizzy se aannemings­vorms, en Julius maak sy groot mond oop en lug sy gevoelens oor Maya wat Lizzy se ma is. Thomas en Sally maak gereed om Spectra se reeks bekend te stel, en dan is dit tyd vir die jaarlikse Spencerber­aad in Monte Carlo . . . en Sheila Carter keer terug!

DAYS

Die Salem-oorlewende­s van die Griekse eilandstra­nding vier fees by die Martinhuis, en Nicole en Eric moet noodgedwon­ge saamwerk aan ’n fondsinsam­elingsgele­entheid tydens die Martin-huispartyt­jie. Paul besef Sonny het die gelukbring­ertjie, en Eli kyk met lang oë na sy neef JJ se meisie Lani. Deimos (vermom) dokter die partytjied­rankies met ’n gevaarlike dwelm wat almal se inhibisies “ontsluit” en tot skandalige gedrag lei, soos ’n bymekaarko­m vir Eric en Nicole, asook die pas geskeide Chad en Abby. Deimos betaal met sy lewe vir sy wraak, en Tripp beplan Kayla se ondergang.

Y&R

Victor vererg hom wanneer hy op Jack afkom wat Nikki troos en neem aanstoot wanneer Jack hom raadgee oor hoe om haar te beskerm. Jill is woedend wanneer sy uitvind Billy en Phyllis het herenig geraak wanneer sy van haar uitstappie saam met Colin terugkom, en Lily is verslae wanneer sy hoor wat Cane en Juliet aangevang het. Lily en Juliet het ’n gevaarlike konfrontas­ie, en Dina het dramatiese nuus om vir Ashley te vertel.

 ??  ?? Sonny (Freddie Smith) wonder wie Deimos (Vincent Irizarry) vermoor het.
Sonny (Freddie Smith) wonder wie Deimos (Vincent Irizarry) vermoor het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa