TV Plus (Afrikaans)

Aksie: NCIS New Orleans, Hawaii Five-0

Daar’s geen tyd vir speel nie wanneer NCIS: New Orleans terugkeer: seisoen 3 bring moordenaar­s, ontvoerder­s en romanse.

-

Wanneer agent Pride (Scott Bakula) en sy span weer vuurwapens opneem in die aksie-franchise NCIS: New Orleans (2014-nou), is daar nie tyd vir rondspeel nie. “Ek het mense vertel dit gaan dieselfde, maar anders [as die eerste twee seisoene] wees,” lag die 62-jarige Scott. “Ek’s al twee seisoene hier en sê weer: Ek was nog nooit tevore deel van enigiets so uiters suksesvol as die reeks nie!”

VAL UITMEKAAR

Die grootste veranderin­g is Brody (Zoe McLellan) is weg. “Die span sukkel met Brody se skielike vertrek,” sê iemand in die binnekring, maar die reeks se base het die aktrise Zoe laat gaan oor “kreatiewe verskille”. Sy het op haar Instagram-rekening laat blyk sy’s nie ingelig haar karakter se storielyn “het sy gang gegaan nie” nie en sy het verwag om in seisoen 3 te wees. Haar plek is ingeneem deur die nuwe karakter, spesiale agent Tammy Gregorio (Vanessa Ferlito), wat die span gaan ondersoek ná seisoen 2 se molslot.

KUNS BOOTS DIE LEWE NA

In episode 16 (16 Nov.) sien ons ’n sagter kant van agent Pride wanneer sy “vriendin” Rita Devereaux die span vra om ’n vermiste vlootproku­reur wat met geklassifi­seerde sake werk, te vind. Rita word gespeel deur Scott se vrou,

Chelsea Field (sy het ’n enkelepiso­de-rol gehad in die franchise se oorspronkl­ike reeks NCIS, 2003-nou). “Dit was pret,” sê Scott. “Ná 16 jaar saam het ek gedink ek sou haar wys waar ek werk.” [Lag.]

SPAN VAN VELE TALENTE

“Dis aanhoudend­e aksie. Daar’s ’n nuwe vyand om elke hoek” sê Scott. En hy spot nie! Die span kry te doen met alles, van CIA-sameswerin­gs (episode 5, 24 Aug.) tot ’n bende kuberkrake­rs in episode 13 (26 Okt.). En daar is ’n kinkel in die seisoenslo­t (episode 24, wat in 2018 uitgesaai behoort te word) wanneer die span – Christophe­r LaSalle, Sonja Percy en Gregorio (Lucas Black, Shalita Grant en Vanessa Ferlito) – die FBI vra om Pride, wat oneerlik geword het, te help vang.

 ??  ?? Dis hoe die New Orleans-span nou lyk (van links): spesiale agent Gregorio en agente LaSalle, Grant en Pride.
Dis hoe die New Orleans-span nou lyk (van links): spesiale agent Gregorio en agente LaSalle, Grant en Pride.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa