TV Plus (Afrikaans)

WWE, Moetsien-sport

Randy Orton en Jinder Mahal voer ’n vete by Battlegrou­nd.

-

Die Viper Randy Orton deins nie terug vir uitdagings nie. Hy het al die beste gepak en hulle met sy RKO-eindbewegi­ngs gewen. Maar die keer was sy oë dalk groter as sy maag . . . Randy gaan met Jinder Mahal by WWE Battlegrou­nd te doen kry – toegesluit in die Pandjab-tronk!

JUST JINDER

Die gebore Kanadees Jinder (regte naam Yuvraj Singh Dhesi) is ’n opkomende talent en “een van die bestes,” beweer dié in die binnekring. “’n Mens sien die vertroue wat Jinder kry. Sy instink het ontwikkel en hy weet wat om volgende te doen. Dit gaan alles oor sy krytbewust­heid,” sê die eks-WWE-superster

Edge. “Jinder se vooruitgan­g was baie dieselfde as Randy s’n 15 jaar tevore. Die verskil is Randy het by ikone soos Ric Flair, Shawn Michaels en Chris Benoit geleer – hy is aan die diep kant ingegooi en het soos Michael Phelps geswem!”

TRONKONTSN­APPING

Die Pandjab-tronkkragm­eting is nog net twee keer in die WWE-geskiedeni­s gebruik – eers by 2006 se Great American Bash (The Undertaker het teen Big Show geveg nadat The Great Khali nie medies geskik verklaar is om te stoei nie) en by 2007 se No Mercy, waar dit Batista teen The Great Khali was. Dit word nie dikwels gebruik nie, want dit kan brutaal wees. Die kryt word omring deur twee hokke. Die eerste een is ’n bamboeshei­ning met vier deure en die stoeiers moet deur een van die deure loop. Hulle het net ’n minuut om dit te doen – as hulle dit nie doen nie, moet hulle oor die hok klim. Maar dan is daar ’n tweede hok: groter, bedek deur skerp bamboespun­te en van staalverst­erkte bamboes gemaak! Daar is geen vaspen-valle, geen onder werping en geen diskwalifi­kasies nie. Enigiets is aanvaarbaa­r binne en die wenner is die Superster wat oor die buitehok klim en eerste op die vloer land.

 ??  ?? Randy weet hoe bedrewe Jinder Mahal in die kryt is.
Randy weet hoe bedrewe Jinder Mahal in die kryt is.
 ??  ?? Batista en The Great Khali in die Pandjabse tronk by No Mercy in 2007.
Batista en The Great Khali in die Pandjabse tronk by No Mercy in 2007.
 ??  ?? Jinder stel sy WWEkampioe­nskap in gevaar.
Jinder stel sy WWEkampioe­nskap in gevaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa