TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Alison Sweeney, oftewel Sami Brady van die sepie Days Of Our Lives (1965-nou, sien meer op bl. 19) het intussen weer teruggekom en Days weer verlaat. Sy was in April vanjaar terug ná sy ’n tweede keer weg is in November 2015, en het aangekondi­g sy het “my vereiste tonele” klaar verfilm. Sy verlaat Days die derde keer om nog ’n Hallmark Christmasf­liek te maak. Let daarop dat Days in SA sowat drie jaar agter Amerika is – kom op hoogte met ons Sepies In Die VSA op bl. 30.

Die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou) beweer “Die winter is hier” vir seisoen 7, maar dis nie heeltemal waar nie – die akteurs en produksies­pan moes dit dié keer self gaan haal. Kit Harington (Jon Snow in die reeks) sê hulle het ’n “toenemend moeilike tyd” om geskikte toestande vir die reeks te vind. “Ons is Ysland toe vir sneeu, omdat dit nou winter daar is. Ons gaan vanjaar, en die gletser wat ek en [sy eks Ygritte en sy meisie in die ware lewe] Rose Leslie vier jaar gelede verfilm het, sien ek het gekrimp. Ek het klimaatsve­randering met my eie oë gesien en dis skrikwekke­nd!”

Game Of Thrones se klankontwe­rper Paula Fairfield het by ’n fan-konvensie gesê hoewel die laaste seisoen (8) minder episodes het (net 6) dit dalk net so lank soos speelfliek­s kan wees. “Episodes kan in die 80-minute-pluskatego­rie wees,” sê sy, en bevestig seisoen 7 se laaste episode van 82 minute sal die langste nóg wees.

Moenie verder lees as jy nie van die rillerreek­s Pretty Little Liars (20102017) hou en nie die slot gesien het nie! Die 89 minute lange episode het terugflits­e wat ou geheime oplos: AD se ware identiteit. En dit is in ’n 2014-onderhoud onthul, sê die reeks se skepper, Ina Marlene King: “Ek verduideli­k Troian Bellisario het vir my ’n teorie gestuur dat Spencer ’n bose tweeling, Alex Drake, het.” Sy voeg by: “Toe ek al die inligting lees wat die persoon opgediep het, het ek gedink, ‘O gits, dis regtig ’n goed deurdagte plan!’” Sy voeg by meer Liars-splinterre­ekse kan dalk kom, ongeag flops soos Ravenswood (2013-2014).

Die gewilde E! News-anker Maria Menounos gaan weg ná drie jaar by die vermaakkan­aal nadat ’n breingewas by haar gediagnose­er is. Sy kry nog behandelin­g ná haar operasie waarin ’n gewas so groot soos ’n gholfbal verwyder is, en sy’t haar fans belowe sy wil “teruggaan werk toe sodra die dokters sê ek kan”. Haar ma, Litsa, ’n kostuum-ontwerper,

het ook breinkanke­r.

Die aksiereeks Hawaii Five- 0 (2010-nou, sien bl. 36) verloor twee sterre weens geld. Die AsiesAmeri­kaners Grace Park en Daniel Dae Kim het geloop ná seisoen 8 afgehandel is en bronne beweer dis omdat hulle tot 15% minder betaal is as die hoofsterre Scott Caan en Alex O’Loughlin (Danno en McGarrett) – $200 000 (R2,6 miljoen) per episode. Die produksien­etwerk CBS beweer hulle het albei akteurs ’n aansienlik­e verhoging aangebied”, maar is waarderend teenoor Daniel en Grace se groot talent, profession­ele uitnemendh­eid en die aloha- gees wat hulle na elkeen van hul 168 episodes gebring het”.

Die FX-netwerk word glo gedagvaar deur Olivia de Havilland oor hoe sy vertolk word in die gedramatis­eerde bioreeks Feud (2017nou). Seisoen 1 beeld die wedywering uit tussen Bette Davis en Joan Crawford op die stel van die 1962-fliek What Ever Happened To Baby Jane. Die 101-jarige Olivia, die enigste wat nog leef, het haar karakteris­ering as “skynheilig­e geskinder” afgemaak en gesê: Niemand het met my kom praat nie. Ek kon hulle alles vertel het”.

Die dramareeks True Detective (2014-nou) hou by die tradisie van grootnaam-rolverdeli­ngs ongeag ’n derde seisoen wat die HBOnetwerk nog nie bevestig het nie. Die vervaardig­ers praat glo met Mahershala Ali (2016- Oscar vir Beste Ondersteun­ende Akteur, vir die fliek Moonlight) vir die hoofrol, en Matthew McConaughe­y wat “uiters geïnteress­eerd is” om sy karakter Russ Cohle terug te bring. Die skrywer-skepper Nic Pizzolatto het ook onthul hy het twee episodes vir ’n derde reeks geskryf, “maar dié opsie hang nog in die lug”.

 ??  ?? Troian Bellisario as Spencer Hastings in Pretty Little Liars.
Troian Bellisario as Spencer Hastings in Pretty Little Liars.
 ??  ?? Alison Sweeney verlaat Days nadat sy in April heraangesl­uit het.
Alison Sweeney verlaat Days nadat sy in April heraangesl­uit het.
 ??  ?? Mahershala Ali sluit dalk aan by True Detective.
Mahershala Ali sluit dalk aan by True Detective.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa