TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Dr. Quinton Meyer is terug en kan Tertius dalk red.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) is lelik in die pekel. Een van sy vorige pasiënte, ene Vanessa (Juliette Jenner) het op Woensdag 12 Julie vir Tertius gedagvaar – Tertius het ’n paar jaar tevore Vanessa se bevalling gedoen en sy beweer nou haar kind is vandag gestremd weens sy nalatighei­d. Die aantyging kan vir dr. At Koster (Hans Stydom) die nodige skietgoed gee, want hy sal enigiets doen om van Tertius ontslae te raak. En as hy kan, om hom sommer ook van die mediese rol geskrap te kry.

DESPERATE SPRONGE

Tertius is radeloos en hoop eers sy goeie vriendin, verpleegsu­ster Naomi (Je-ani Swiegelaar), wat die aand van die bevalling aan diens was, se getuienis kan hom dalk uit sy penarie help. Maar Naomi kan nie veel onthou nie. Dan gryp Karli (Pascal Pienaar), Tertius se verloofde in: Sy bel vir dr. Quinton Meyer (Ramey Short) wat destyds die bevalling saam met Tertius behartig het. Quinton is drie jaar tevore by die Binneland-kliniek weg nadat sy oom, At Koster, hom na die Thusanang-kliniek gepos het. “At het gemeen sy nefie se kop het te groot geword nadat hy die aanbieder van Binneland se interne TV-program, Dokter-dokter, was,” onthou Ramey. Quinton het intussen Kanada toe verhuis en die afgelope drie jaar in Vancouver, Kanada, by ’n groot hospitaal gewerk. “Of so veronderst­el almal.” Karli, Tertius en Quinton hou beraad.

WIND VAN VOOR

Op Woensdag 19 Julie daag Quinton onverwags by die Binneland-kliniek op, want Karli het niemand van die oproep vertel nie. Quinton bied die volgende dag aan om voor die raad te verskyn om Tertius se saak te beredder. “Tertius en Quinton besef hulle sal hulle moet staal teen At en die ander raadslede, oftewel sy ‘ondersteun­ers’,” verduideli­k Ramey. Dr. Steve Abrahams (Clint Brink) is intussen as aandeelhou­er by Binneland aangestel en skaar hom dus ook by At.

Maar dit lyk nie of Quinton se getuienis vir Tertius help nie. “Quinton is ’n regte rammetjie-uitnek en laat hom nie sommer ore aansit nie – allermins deur sy manipulere­nde oom At. Hy konfrontee­r At die volgende dag prontuit oor Tertius se dagvaardin­g en vra sy oom mooi om in te gryp,” verklap Ramey. Maar Quinton kom die slegste daarvan af, want At is in ’n slegte bui en wys hom die deur.

Tertius se vriende gooi egter nie tou op nie en gryp na nog ’n reddingsbo­ei: Karli stel voor hulle roep haar broer Herman du Preez (David Konrad), wat ’n prokureur en mediese dokter is, se hulp in. Indien Tertius van die mediese rol geskrap word, gaan die Binnelandk­liniek se reputasie lelik skade ly. En niemand wil eintlik sien hoe At weer die een is wat die laaste lag nie.

GEMAKLIK TERUG IN QUINTON SE VEL

Ramey is sedert Mei terug voor die kameras by Binnelande­rs. “Toe ek die eerste dag by Stark Films se ateljees instap, het dit amper gevoel asof ek nooit weg was nie,” vertel hy. “Ek geniet dit om die rol van Quinton te vertolk – hy is so gedrewe en laat nie maklik op hom trap nie. Maar net soveel soos hy ’n hardekwas-Koster is, is hy ook ’n Meyer,” vertel hy. Kykers kan ook binnekort ’n nuwe liefde in Quinton se lewe verwag, verklap hy so ’n bietjie van sy storielyn.

Ramey het sedert hy Binnelande­rs in 2014 gegroet het in die Kaap gewoon en steeds die pot met toneelspel aan die kook gehou. Hy het onder meer ’n rol in die TV-reeks Black Sails (2014nou) gehad en ook in die rolprente Snaaks Genoeg (2016) en Finders Keepers (2014) verskyn. Daarna het Ramey ’n draai of twee in die sepie Getroud Met Rugby (2016-nou) gemaak as die skelm Kallie, en ’n rolletjie in kykNET se speurreeks Die Boland Moorde (2017) vertolk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa